Oor ’n bietjie meer as twee maande word Neil Armstrong se eerste tree op die maan 50 jaar gelede gevier. Die dapperheid van Armstrong en sy kollegas dui op ’n romantiese beskouing van die mens se vermoë. Gaan die herdenking kan bydra tot ’n broodnodige heling van die letsels wat staatskaping en endemiese korrupsie gelaat het?
Alles vir Woensdag 15 Mei 2019
Twee dood toe busbestuurder ryloper glo agternasit
Die busbestuurder het die bus se enjin laat luier terwyl hy uitgespring en die ryloper agternagesit het. Terwyl die busbestuurder glo die ryloper gejaag het, het die bus gerol en op sy kant te lande gekom.
Vandag se sportnuus
Pollard kan R20 miljoen per seisoen in Frankryk verdien.
Finansiële welstand: Dit is hoe jy kan spaar
Ronel Jooste, ʼn finansiële welstandafrigter, het ʼn paar basiese wenke vir jou oor hoe om geld te spaar en sy gesels met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor.
Uitspraak voorbehou in saak tussen Manuel en EFF
Manuel eis dat die EFF sy uitlatings terugtrek, om verskoning vra en skadevergoeding van R500 000 betaal.
Durban-burgemeester kry borgtog
Die beweerde bedrog hou verband met ʼn tender in Durban se departement vir vaste afval waardeur diensverskaffers na bewering groot bedrae geld betaal is, maar geen dienste gelewer is nie.
Vier brand dood in botsing
“Die presiese oorsaak van die gru-ongeluk is nog onbekend, maar die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.”
Gedagte vir die dag: Daar ís so ’n God
Die mense sal sê: Daar is tóg ’n beloning vir die regverdige, daar is tóg ’n God wat reg op die aarde laat geskied! (Psalm 58:12)