Die ombudsman vir bankdienste het Donderdag sy 2018-jaarverslag vrygestel wat, tesame met ander interessante statistiek, onthul dat aanlyn bankbedrog al twee jaar lank die kantoor op sy tone hou.
Lees meerAlles vir Donderdag 16 Mei 2019
Radebe se besluit oor privaat kragopwekking verwelkom
Sakeliga verwelkom die minister van energie, Jeff Radebe, se besluit om die pad oop te stel vir die privaat sektor om moontlik elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf.
ANC-hoë kap lede oor faksies
Die sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Faiez Jacobs, het ʼn eerlike assessering gegee oor die party se provinsiale verkiesingsuitslag en maan lede om nie met mekaar te baklei nie.
Malema beskuldig ANC van verkiesingsbedrog
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Donderdag gesê die ANC het die 2019-verkiesing gemanipuleer en nie ʼn volstrekte meerderheid in Gauteng gewerf nie.
Motoriste gewaarsku teen bloulig-kapings
Die polisie in Sasolburg in die Vrystaat waarsku motoriste teen sogenaamde bloulig-kapings.
Petisie teen aanry van mense na presidensiële inhuldiging
Protesbriewe teen die aanry van persone na die presidensiële inhuldiging in Pretoria is Donderdag aan die departement van samewerkende regering en tradisionele sake oorhandig.
ToekomsVenster: Een van Jesus se dissipels gaan Hom verraai
En ek en jy? Is ons ook geneig om vir watter rede ook al God te verraai?
Foto’s: Talle kuikens nou weer tuis by Kamfersdam
Altesaam 49 flaminkkuikens is stilletjies op verkiesingsdag by Kamfersdam in die Kimberley-omgewing vrygelaat. Die proeflopie het die weg gebaan vir die amptelike vrylating van die res van die kleinflaminke by die dam later vandeesmaand.
Boer dood ná trekker bo-oor hom rol
“Só ʼn trekker weeg ʼn paar ton. Ons het alles gedoen wat ons kon, maar dit was onmoontlik om die trekker op te lig.”
Gesin se kankerskok: Ma en dogter veg saam
“Ons kon nie verstaan waarom ʼn ma, wat deur so baie is met haar jongste dogtertjie, nog dié stryd ook die hoof moet bied nie.”
Bolhuis-span help na vermiste Knysna-sakeman soek
Volgens Scheepers se dogter, Lisa, is haar pa, wat op Theseneiland in Knysna in die Tuinroete woon, die oggend van 9 Mei die laaste keer gesien.
Bejaarde lê ure buite huis ná rooftog
Dit is eers toe ʼn tuinier in die kompleks ná 08:00 vanoggend haar hulpkrete gehoor het dat sy te hulp gesnel is.
Landbank kry nuwe finansieshoof
Die Landbank het Donderdag die hoof van sy interne oudit, Yatheen Ramrup, as waarnemende finansiële hoof aangestel om Konehali Gugushe te ondersteun in haar amp as waarnemende uitvoerende hoof.
Video: Ma en dogter ná 70 jaar herenig
ʼn 90-jarige vrou het haar 70-jarige dogter vir die eerste keer ontmoet ná sy haar as baba laat aanneem het.
Die wêreld in foto’s – 16 Mei 2019
Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Twis oor betaling van waterhulp aan Makhanda
Die noodlenigingsgroep Gift of the Givers het uit die droogtegeteisterde Makhanda (voorheen Grahamstad) in die Oos-Kaap onttrek, omdat ánder kontrakteurs nou vergoed gaan word vir werk van miljoene rande wat die organisasie sê hy reeds in die gebied gedoen het.
Taalgebruik: in ʼn bus, op ʼn skip
Het jy geweet mens ry “in” ‘n bus of motor maar “op” ‘n skip en jy jaag “met” ‘n motor? Taaltoffie stel ondersoek in
Tiener weet nog nie van amputasie ná ongeluk
“Ek het hom gevra hoe erg het hy seergekry. Hy het net gesê: ‘Pappa, baie erg. Dit is baie seer. Kom dadelik.’”
Raadslid sterf ná petrolbomaanval
Die raadslid het aan sy brandwonde beswyk nadat sy huis Sondag in die vroeë oggendure met petrolbomme bestook is.
Sendingwerk op ons voorstoep
Vandag se sendingwerk vereis nie net dat ons na verskillende lande moet reis om die boodskap van Jesus te verkondig nie, want ons medebroers en -susters woon langs ons!