Alan Winde, wat binnekort as premier van die Wes-Kaap aangewys sal word, het Maandag ʼn kennisgewing van die polisie se ombudsman verwelkom dat hy polisiebedrywighede in die Overstrand-gebied sal ondersoek
Lees meerAlles vir Maandag 20 Mei 2019
Nuwe Sassa-hoof aangestel
Susan Shabangu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het ʼn nuwe uitvoerende hoof vir die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) aangestel.
Inbraak by binnelandse sake in Roodepoort
Dienslewering by die departement van binnelandse sake se kantoor in Roodepoort in Gauteng is opgeskort ná ʼn inbraak die afgelope naweek.
Voormalige Amcu-leiers in hof oor moord
Die voormalige Amcu-leiers is daarvan beskuldig dat hulle teen mynwerkers en vakbondleiers saamgespan het.
ANC nomineer Thandi Modise as speaker
Thandi Modise sal na verwagting Woensdag tot speaker van die Nasionale Vergadering verkies word.
ANC sê oor Noordwes-premier
Die ANC het Maandag aangekondig hy het besluit om Job Mokgoro te behou as premier van Noordwes.
Pa, stiefma gevonnis oor seun se huurmoord
ʼn Pa, stiefma en ʼn huurmoordenaar is Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis op aanklag van die moord op ʼn 17-jarige seun.
ToekomsVenster: Petrus sal Jesus verloën
Jesus wil vir Petrus en die ander wys wat genade beteken, hoe aangewese hulle is op God se bystand, hoe ellendig klein, nietig en onbeholpe hulle in eie krag is, hoe nodig die latere vervulling met die Heilige Gees was, hoe groot Hy is en hoe belangrik en strategies hulle deel vorm van God se plan vir hierdie wêreld.
Talle ouers ervaar probleme met aanlyn skoleregistrasie
Die SOS het gesê hy vra nie voorkeurbehandeling vir Afrikaans nie, maar wil sien dat al Suid-Afrika se amptelike tale uitgebou word, sodat moedertaalonderrig in dié tale verseker word. Sy sê sy glo baie van die probleme wat tans in die onderwys ervaar word, daaruit spruit dat kinders nie ten minste die eerste paar jaar van hul skoolloopbaan in hul moedertaal onderrig word nie.
Só verloop nuwe LP’s se eerste werkdag
Nuwe parlementslede – duidelik uitkenbaar aan die opgewonde maar ietwat verdwaasde manier waarop hulle op die parlementsterrein ronddwaal – het vanoggend by die parlement aangekom om hul nuwe werkplek te verken en ’n nuwe hoofstuk te begin.
Google beëindig Huawei se Android-gebruik
Google se aankondiging kom na ʼn opdrag deur die Trump-administrasie aan plaaslike maatskappye om die lewering van onderdele en/of programmatuur aan Huawei te staak omdat dit volgens die regering ʼn sekuriteitsrisiko inhou.
Steyn wakker, haal self asem ná ongeluk
“Hy lyk vir my bietjie emosioneel vandag, maar dit is eintlik op ʼn vreemde manier goed, want dit wys vir my hy verstaan werklik wat om hom aangaan.”
Hoe groot was Ramaphosa-faktor in die verkiesing?
Om te probeer vasstel hoe groot die Ramaphoria‑/Ramaphosa-faktor in vandeesmaand se verkiesing was, en hoeveel stemme die president dus van opposisiepartye weggeneem het, is ’n moeilike en dalk onmoontlike breinknoper.
Kwadfietsryer in hof ná padwoede-voorval
ʼn Video van die voorval is op sosiale media versprei.
Rob Packham hoor sy lot
Regter Elize Steyn het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof Packham se lot beslis.
17-jarige in hof ná aanranding by skool
Die agtjarige is ná die aanranding na ʼn hospitaal geneem waar hy later gesterf het.
Nóg ’n SA speler onder top 100
Erik van Rooyen maak ranglyssprong ná goeie PGA-vertoning.
DA vra NVG moet nou sê oor suiwelplaasvervolgings
Cope het intussen sy oproep herhaal dat die openbare beskermer in die pad gesteek moet word en sê sy is in haar pos om spesifieke politici te beskerm.
Geveg broei tussen Ramaphosa en Zuma-aanstellings by NVG
Twee omstrede senior amptenare wat in die laaste twee weke van sy ampstermyn deur Zuma aangestel is, se aanstellings is deur Ramaphosa teruggetrek, en nou wil hulle die president dwing om hulle opnuut aan te stel.
‘Kapers’ by hospitaal vasgetrek
Een van die vermeende kapers is blykbaar tydens die skietery gewond en het by die hospitaal vir mediese hulp aangeklop.