“Ek het in 1973 my eerste wedloop in ’n paar tekkies van R4,99 voltooi.”
Alles vir Dinsdag 21 Mei 2019
Brandbestryder in stasie oorval, beroof
Die brandbestryders het die man agterna gesit waarna hy oor ʼn muur gespring en laat spaander het.
Kinders van die wind: ’n Windpomp-wegbreeklysie
Maak jou gereed vir ’n fotovoetpad kruis en dwars oor die Karoovlaktes, want in dié blog spog ons met die sewe mooiste windpompe, elkeen uit die boeke, dwarsdeur Suid-Afrika tot in Namibië se uithoeke.
VSA-deskundige getuig in Ford Kuga-saak
Loud het getuig dat vier Ford Kuga’s van Suid-Afrika na sy laboratorium in die VSA gestuur is om sy ondersoek te fasiliteer.
Thales ‘is net byvoeging’ tot Zuma-saak, hoor hof
Die regspan van die Franse wapenmaatskappy Thales het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangevoer die voormalige hoof van openbare vervolging het op die verkeerde gedeeltes van die wet gesteun toe hy besluit het om aanklagte teen sy kliënt weer in te stel.
Man ‘wat vlieg nie skade sou aandoen’ op plaas vermoor
“Ironies genoeg het hy net Woensdag vir ons gesê hy besef nou hoe maklik ʼn plaasaanval kan gebeur.”
Oorsig oor werkloosheidsvlakke in SA
Omdat dié bevolking en die arbeidsmag deurgaans groei, moet nuwe werke op die mark ontstaan om werkloosheidskoerse selfs net konstant te hou – heelwat meer werke is nodig om ’n beduidende duik in werkloosheid te maak.
Good-voorsitter bedank uit party
Die party het gesê hy is uit die veld geslaan oor die redes vir haar bedanking.
Veteraan-akteurs in nuwe kykNET-komediereeks
Brümilda van Rensburg speel die naamrol teenoor Annelisa Weiland, Eric Nobbs, Duncan Johnson en Carmen Maarman.
Schwarzenegger oor SA, fiksheid en geheim tot sukses
Arnold Schwarzenegger het in ʼn vraag-en-antwoord-sessie vertel oor sy verhouding met Suid-Afrika, sy soettand en of hy ooit sal oorweeg om vir Amerikaanse president te staan.
Dit gaan oor meer as grond
Afrikaners word daarvan beskuldig dat hulle “moeilik” is. As dit dan van ons waar is, laat ons ten minste moeilik wees oor die dinge wat saakmaak. Wanneer ons uit die staanspoor vir die behoud van die geestelike grondgebied stry, sal ons stryd teen grondonteiening, plaasmoorde, geweld, korrupsie, werkloosheid en moedertaalonderrig ook meer geloofwaardig wees.
Foto’s: SA wen weer goud by Chelsea-blommeskou
“’n Tuin het beweging nodig om dit lewendig te maak.”
’n Les uit Australië vir Trump en ander Westerse leiers
Indien Trump volgende jaar wil wen, moet hy eenvoudig die Amerikaners laat verstaan dat daar ’n ekonomiese risiko bestaan, sou hulle hom uitstem.
Lyk toevallig gevind ná motor in rivier beland
Die polisie het op die liggaam van ʼn man afgekom sowat tien meter vanwaar ʼn motor vroeër in die rivier beland het.
Verkiesing 2019 – wat het gebeur?
Die vraag vir die toekoms is of die DA daarin gaan slaag om hulle te behou en of daar ’n steeds groter uitvloei van minderheidskiesers na ander partye gaan wees.
Splinternuwe aanbieder sluit aan by Bravo!-span
“Toe ek dit egter die eerste keer doen, het dit net reg gevoel en ek het besluit dat dit die loopbaan is waarop ek my sal toespits.”
Gautrein nou goedkoper tydens spitstyd
Die Gautrein sê hy het ook treine met agt waens vir oggend- en middagspitstye op die noord-suid-spoorlyn ingestel.
Pa en dogter op plaas aangeval
Die tienermeisie is tydens die aanval verkrag.
Sesling in Pole gebore
Dit is die land se eerste geval ooit waar ʼn sesling gebore is.
Nuuskommentaar: Zuma se dag in die hof… of al weer nie?
Die nuwe Suid-Afrika het pas sy kwarteeufees beleef. Vir meer as die helfte daarvan het die vorige president jakkalsdraaie gemaak om uit die tronk te probeer bly. Dit is nou hoog tyd dat oudpres. Jacob Zuma sy dag in die hof kry soos hy aanvanklik gevra het, en dan, as hy skuldig is, sy dae in ’n oranje oorpak kry.