Suid-Afrikaners geniet ʼn gesellige kuier, of dit nou oor ʼn koppie koffie, ʼn koeldrank of ietsie sterker is. Maar daar is een gunsteling waarop verbruikers meer geld bestee as enige ander vloeibare verversing.
Alles vir Dinsdag 28 Mei 2019
Mabuza vanmiddag as LP beëdig
Mabuza, die ANC se adjunkpresident, word om 16:00 by die presidensiële gastehuis in Pretoria beëdig.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle gee nie skiet; neem buiteland nou kennis?
’n Invloedryke Frans-Nederlandse rubriekskrywer het pas in die Nederlandse koerant Trouw na die skrikwekkende plaasaanvalsyfers gekyk, dit aangehaal en opgemerk dat die wêreld stil is daaroor.
Dodetal styg ná reusebotsing op N3
Altesaam 21 beseerdes, van wie drie in ʼn kritieke toestand, is na nabygeleë hospitale vervoer.
JMC se nuwe Vigus 5 nóú ʼn mededinger
JMC het sopas die jongste Vigus 5 bekendgestel, en die enjin is myle beter as dié van sy voorganger.
Elandré kraai weer koning op Top-20
Een ding is seker: Elandré se dae as “kleindorpiedromer” is verby. Dié talentvolle kunstenaar is besig om opslae in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf te maak.
Vandag se sportnuus
SA se Harris deur na tweede ronde van Franse Ope.
Luister in 3 minute: Gelykheid, hervorming en kredietgraderings
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, bespreek in hierdie week se 3 sake, 3 minute, die klem wat Ramaphosa die afgelope naweek op gelykheid in sy inhuldigingstoespraak gelê het, asook wat dit vir Suid-Afrika kan beteken.
Tradisionele geneser verkrag vrou glo tydens ‘inisiasie’
Die geneser (22) se regsverteenwoordiger het aangevoer hy sal kliënte verloor en ʼn finansiële verlies ly as hy nie op borgtog vrygelaat word nie.
Plaaswerker ontken skuld ná Hankey-aanval
Die aanklagte spruit uit ʼn aanval op ʼn 44-jarige vrou en haar drie kinders, nadat hulle in Maart verlede jaar in hul plaashuis oorval is.
Ses tronk toe vir hondegevegte
Sy het gesê die landdros het tydens vonnisoplegging die misdade “sinloos” en “pervers” genoem en bygevoeg dat die mans se vonnisse moet dien as ʼn waarskuwing aan ander wat by hondegevegte en verwante aktiwiteite betrokke is.
Gedagte vir die dag: Vind jou huis, jou familie
God laat eensames in ’n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in ’n kaal woestyn. (Psalm 68:7)