“Ek het aanvanklik gehoop dat ek iemand kan oortuig om te maak of hulle ʼn veearts is, maar ek het nooit gedink ʼn regte veearts sal na vore kom om te help nie.”
Alles vir Donderdag 30 Mei 2019
Heldhaftige studente sit selfoondief agterna
“Die dief het nie ’n kat se kans teen ons gestaan nie.”
Ekonomiese kenners: ‘Nou begin die regte werk’
Kenners in die ekonomie en sakesektor sê dit gaan nie eintlik vir hulle oor wie in die kabinet aangestel is nie, maar eerder of daar goeie ekonomiese beleid ingestel word wat Suid-Afrika in die rigting van ʼn gunstiger sake-omgewing sal stuur.
EFF moet jammer sê vir Manuel en opdok
Manuel het die hof genader nadat die EFF hom beskuldig het van botsende belange met betrekking tot die aanstelling van die nuwe taksbaas, Edward Kieswetter.
MultiChoice het ‘dubbele standaard’ oor verdelende uitsprake
AfriForum sê MultiChoice het die volste reg om ʼn politieke beleid te volg, maar dat dit konsekwent toegepas moet word.
Talle dood, vermis ná boot omslaan
Die reën, sterk onderstrome en swak sigbaarheid het reddingswerkers se taak bemoeilik om toeriste gisteraand uit die ysige water te probeer red.
Luister: Tweejarige ken hele Proteaspan – Phehlukwayo en al!
“Ek soek ’n wenk” – en dit rol tog te lekker van sy tong.
De Lille-aanstelling ‘goed uitgevoerde ANC-veldtog’
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand sy nuwe kabinet aangekondig en verras met De Lille, leier van die Good-party, se insluiting.
Eerste op Maroela: Dewald se nuwe musiekvideo
Dewald Wasserfall vertel hy het aan die album geskryf toe daar beurtkrag was en het een dag ʼn halwe dag se werk verloor toe hy nie die stoor-knoppie gedruk het nie. Die inspirasie vir die titelsnit, “Elektrisiteit”, is hieruit gebore.
Man wat hom as dokter voordoen in hof
Die man het gebieg dat hy eintlik by ontvangs werk.
Oudhoof van Black Business Council in hof vir ‘bedrog, diefstal’
Die BBC het haar vroeër geskors hangende ʼn ondersoek na die vermiste skenking van R5 miljoen.
Vandag se sportnuus
Atleet op die herstelpad ná mamba hom pik.
Cope, VF Plus nié ten gunste van adjunkministers
“Dit is jammer die president kon nie daarin slaag om hier ook sinvolle afskalings aan te bring nie.”
Begunstiging in ANC ‘springlewendig’
Volgens die DA het Suid-Afrikaners groot verwagtinge van verandering en hernuwing vir dié administrasie gehad, maar het Ramaphosa die oorlewing van die ANC eerste gestel.
Ramaphosa-kabinet is ‘oorlogsverklaring’ sê EFF
Die EFF het pres. Cyril Ramaphosa as ʼn “oneerlike, manipulerende persoon” beskryf nadat hy Woensdagaand sy kabinet aangekondig het.
Nuuskommentaar: Kabinet – prestasieooreenkomste gaan deurslag gee
Die aandag van die kiesers was op ander sake, soos die vraag of die Zuma-era se vrot appels weggesny sou word, en met bekwaamheid vervang word, gerig.
Koning leeu slaap op sy eie bed
Verskeie troeteldiereienaars laat hul diere toe om aan die voetenent op te krul, maar dié leeu is sowaar koning in sy eienaar se huis.
Kymco AK 550: ʼn Besigheidsklas-motorfiets
Na die Kymco S400i wat ek onlangs gery het, het ek met die AK550 gevoel asof ek uit ekonomiese klas opgeskuif is na besigheidsklas.
Caster veg voort
“In die stryd vir geregtigheid, moet menseregte bo sportbelange gestel word.”
Podlitiek: Lang inhuldigings en Zuma se beskuldigings
Na afloop van die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa keer die Suid-Afrikaanse politieke siklus weer terug na normaal. Hierdie week ondersoek die Podlitiek-span met Ernst, Paul en Daniël juis hierdie inhuldiging, en ’n paar ander gebeure wat die afgelope week se nuus gedomineer het.