“As dit kom by gebede, by mense wat vir ons bid, daar is duisende.”
Alles vir die maand Mei 2019
Mening: Min lig in rugby, krieket se geldtonnel
Suid-Afrika se twee gewildste sportsoorte op internasionale vlak trek swaar… sommer baie swaar.
Vir wie moet ek stem?
Die vraag, “Vir wie moet ek stem?”, word volgens my ervaring die afgelope paar weke aansienlik meer gereeld as voor enige ander onlangse verkiesing deur lede van minderheidsgemeenskappe gevra.
Ingang na Voortrekkermonument gesluit weens betoging
Talle motors asook ʼn toerbus moes vanoggend omdraai.
Nuuskommentaar: By wie staan ons? Die Caster‑ en Steve-gevallestudies
Die een Suid-Afrikaner word deur sommige politici verguis, en die ander deur min of meer dieselfde politici omarm. Ongelukkig is daar soveel (onverwante) kwessies hier kort voor die algemene verkiesing aan die broei of het selfs begin ontplof, dat die vraag ontstaan of die betrokkenes se ras nie baie bydra oor hoe hulle tuis behandel word nie.
Video: Tieneratleet laat oë rek met 100 m-tyd
Dié Texas-tiener se tyd sou goed lyk in ʼn Olimpiese finaal.
Ma wil ander ouers help ná babas sterf
“Dit gee waardigheid en respek aan die baba wat dood is én die gebroke ouers. Dit is ʼn bevestiging – jou kind hét bestaan, hulle was hier en hulle was joune.”
100 miljoen in Indië in pad van sikloon
Noodlenigingsgroepe het in Februarie al bokseile ter voorbereiding van die land se sogenaamde sikloonseisoen begin versprei, maar het gewaarsku as ʼn dodelike storm tref, gaan skuilings wat uit lendelam bamboes en stukke plastiek bestaan, nie veel beskerming bied nie.
Vryheid vir ons kinders!
Ons kinders se vryheid word bewustelik en onbewustelik al hoe meer ingeperk.
Sascoc: ‘Caster-uitspraak is massiewe keerpunt’
“Die vraag wat ons almal vra, is hoe gaan hierdie regulasies met gelykheid, onpartydigheid en regverdigheid in internasionale sport toegepas word.”
Assange vir borgtogoortreding gevonnis
Regter Taylor het tydens haar vonnisoplegging gesê Assange sal vir parool in aanmerking kom wanneer hy minstens die helfte van sy vonnis uitgedien het en indien hy nie in die tyd skuldig bevind word aan enige ander oortredings nie.
Nuweling polisiebeampte doodgeskiet
“Die vriendin kon daarin slaag om na nabygeleë huise te hardloop vir hulp toe sy gehoor het hoe ʼn skoot afgevuur word.”
Gedagte vir die dag: Moet my nie weggooi nie
Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. (Psalm 51:13, Bybel In Afrikaans 1933/1953)
ANC besorg oor munisipale staking in Durban
Die ANC in KwaZulu-Natal het Woensdag gesê hy is bekommerd oor ʼn voortgesette staking in die eThekwini (Durban)-munisipaliteit wat inwoners en besoekers die afgelope paar dae verontrief het.
Bendelid gaan langer as ʼn halfeeu sit
Die veroordeelde moordenaar en berugte bendelid, die 21-jarige Nealon Redhouse, sal in sy 70’s wees voor hy uit die tronk vrygelaat word.
Sewe dae van rou vir vloedslagoffers
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag sewe dae van nasionale rou aangekondig vir die persone wat in vloede in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap omgekom het.
ToekomsVenster: Die arm weduwee se gawe
Jy moet gee, sê die Bybel, soos jy in jou hart oortuig is. Laat die Gees jou hierin lei en weet dat wat vir God se werk gegee word nie sonder dividend na jou sal terugkom nie. Hy is getrou.
Voortvlugtige dokter weer aangekeer danksy publiek
Dr. Levy Choene Makgatho (39) wat gesoek is deur die Valke omdat hy nie aan ʼn hofbevel ná skuldigbevinding voldoen het nie, is weer in hegtenis geneem.
SAID verwelkom nuwe taksbaas
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Woensdag formeel Edward Kieswetter verwelkom in sy nuwe rol as kommissaris.
Betoging op Limpopo-boer se grond
Meer as 600 mense het Woensdag op Rudo van Vuuren se plaas in Tomburke, Limpopo saamgedrom.