“Dit was ongelooflik om teen Roger te speel.”
Lees meerAlles vir Vrydag 7 Junie 2019
Jy kan binnekort self die Internasionale Ruimtestasie besoek
Nasa het Vrydag gesê die Internasionale Ruimtestasie (IRS) sal in 2020 sy deure oopmaak vir kommersiële ruimtereise, insluitend privaat ruimtevaarders.
Ontsnapte leeus nie ‘bekende wildtuintrop nie’
SANParke het gesê 14 leeus wat vermoedelik Donderdag uit die Krugerwildtuin ontsnap het, is nie ʼn bekende trop van die wildtuin nie.
Twee vas oor ernstige misdade in die Paarl
Twee mans, onderskeidelik 24 en 32 jaar oud, is Vrydagoggend vroeg in Durbanville in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade in die Paarl-omgewing, onder andere ʼn rooftog op ʼn plaas.
‘Verkragter’ se tong gebyt: Man in hof
ʼn 32-jarige man van Bronville in Welkom in die Vrystaat het Vrydagoggend vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van poging tot verkragting.
ToekomsVenster: ’n Rede om bly te wees
Daar is oorvloedige rede om bly te wees. Jesus het opgestaan.
EFF betaal AfriForum ter elfderure
Malema en die EFF se betalings aan AfriForum gaan aangewend word om pogings om die land se Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, in die howe te beveg.
Woede oor voorgestelde wysigings aan Wet op Private Sekuriteitsbedryf
“Die polisie se administrasie van die vuurwapenregister is reeds totaal chaoties en dit vererger by die dag.”
Modimolle skitter na grootste skoonmaak-aksie nóg
Sowat 1 300 vrywilligers het op Wêreldomgewingsdag binne twee ure 48 ton vullis in Modimolle opgetel.
Nuwe hoof by SAL
Die SAL-raad het Vuyani Jarana se bedanking aanvaar en sy versoek om sy pos vroeër te ontruim, toegestaan.
Vlakfontein-moorde: NVG trek aanklagte terug
Die staat het tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen redelike vooruitsigte van suksesvolle vervolging is nie.
Klein partye se stertvere gepluk in parlementêre vergadering
Onder voorsitterskap van die nuutverkose speaker, Thandi Modise, het sake aansienlik vlotter verloop as onder haar voorganger.
Honger gesinne gevoed danksy goedhartige sakelui
“Ek weet hoe dit voel om honger te gaan slaap. Daarom is dit vir my belangrik om te sorg dat dit nie met ons kinders gebeur nie.”
Die wêreld in foto’s – 7 Junie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Pa verloor sy gesondheidstryd
“Ons vermoed hy het net gewag om my boetie te sien voordat hy gaan.”
Internet gaande oor ‘The Voice’-deelnemer se ma-en-seun-duet
“Maar ek is net so trots op haar en so bly dat die wêreld kan sien hoe ongelooflik sy sing.” Kyk hier na die video wat al amper drie miljoen trefslae gekry het.
DA-LP’s gewaarsku oor sosialemediaboodskappe
Luidens die brief, wat aan Maroela Media gelek is, klap Steenhuisen die sweep omdat die DA se pogings om positiewe mediadekking te kry, deurgaans beduiwel word deur ondeurdagte insette van LP’s op sosiale media.
10-jarige neem oulikste idioomfoto’s
Die 10-jarige Jonathan Möller het ʼn oog vir ʼn mooi foto en het uitstekend gevaar in vanjaar se Nasionale Eisteddfod.
Afrikaanse Taalraad: ‘Afrikaanses moet uitreik’
“As ons egter wil hê Afrikaans moet floréér, moet ons dit binne die breër samelewing doen.”
Nóg ’n jaar
Ek is 28, ek is jonk en dankbaar. My vriende het al genoem ek is 70 in my hart. Ek vat dit as ’n groot kompliment. Ek kan net bid ek bewandel die lieflike aarde vir so lank, skryf Ignatius Erasmus.