Dit is die Spanjaard se 12de Franse Ope-titel.
Lees meerAlles vir Sondag 9 Junie 2019
Maimane sê SA se probleme is polities, nie geldelik nie
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê die wortel van Suid-Afrika se ekonomiese probleme is polities, nie geldelik van aard nie.
OB besorg oor ‘uitgelekte verslag’
Die kantoor van die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het Sondag in ʼn verklaring gesê sy neem met kommer kennis van ʼn artikel dat een van haar verslae glo aan ʼn Sondag-koerant uitgelek het.
15-jarige vas oor rooftog by Seepunt-skool
ʼn 15-jarige seun is Sondagoggend in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn hoërskool in Seepunt.
DA wag angstig vir Metrorail-verslag
Die DA in die Wes-Kaap het gesê hy sal dringend by die openbare beskermer navraag doen oor die status van die ondersoek na Metrorail.
Sanger sterf in motorongeluk
Jacques was veral bekend vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies.
Besonderse prestasie vir Kaapstad-brandbestryder
“Toe ek aangesluit het, was ek een van die eerste vroue. Daar was twee ander vroue voor my, en een was reeds weg teen die tyd wat ek aangesluit het,” het sy gesê.
Klara du Plessis wen gesogte Kanada-toekenning vir digkuns
Klara du Plessis se digbundel, Ekke, is in Kanada bekroon met die Pat Lowther Memorial Award.
Gerda verbeter Comrades-rekord!
Sy is die eerste vrou in die geskiedenis om die op-wedloop vinniger as ses ure te hardloop.
Twee gevonnis oor polisiebeampte se moord
Twee mans is in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis in verband met die moord op konstabel Armand Wagner.
SA’ner wen Comrades-marathon
Goud in net sy tweede Comrades!
Nog geen teken van vermiste tiener op Vaaldam
ʼn Soektog duur voort na ʼn 19-jarige van Johannesburg wat Vrydagaand omstreeks 23:00 as vermis aangemeld is nadat hy op die Vaaldam in Gauteng gaan roei het.
Devon Hofmeyr geopereer ná beweerde onderonsie
Armand Hofmeyr, Devon se broer, het aan Maroela Media bevestig Devon se kakebeen is afgeslaan en hy het ligte bloeding op die brein.
Waterkloof-bevelvoerder se dood steeds ʼn raaisel
Die militêre polisie en die SAPD ondersoek die afsterwe van brig.genl. Motlhokomedi Kenneth Petso, bevelvoerende generaal van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria.
Twee beseer toe hulle ná skietery bots
ʼn Man in sy 40’s is Saterdag ernstig beseer in Pinetown, KwaZulul-Natal, toe hy deur onbekende aanvallers geskiet is en hy daarna beheer verloor het oor sy motor en gebots het.
‘Afrikaans is ook die taal van die onderdrukte’
“Afrikaans is die taal van die onderdrukker, maar dit is ook die taal van die onderdrukte en word tans ook self onder druk.”
Jong Wiskunde-fundi van Hoërskool Parel Vallei beloon
Dit dien as beloning vir haar uitsonderlike Wiskunde-prestasies die afgelope twee jaar.
Gebied sal dalk weer as ‘Distrik Ses’ bekend staan
Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het gesê hy ondersteun die versoek om die naam van die Kaapstadse voorstad, Zonnebloem, na die oorspronklike naam, Distrik Ses, terug te verander.
Jaguares beklink SA afdeling teen Sharks
Argentyne maak amok teen besoekers in Buenos Aires.
Drie vas oor kaping, gesteelde vuurwapen
Lede van die polisie se blitspatrollielede in Kaapstad het drie mans in hegtenis geneem en beslag gelê op ʼn gekaapte motor en ʼn gesteelde vuurwapen, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.