“Almal kom soek hier na die vrou en dreig haar om een of ander rede. Sy kyk na my kinders en daar is niks fout met hulle nie. Sy doen dit al agt jaar lank.”
Lees meerAlles vir Woensdag 12 Junie 2019
DA: ‘Departement ontneem leerders van reg op basiese onderwys’
Die DA sê die Gautengse onderwysdepartement is deeglik bewus van die groot uitdagings by die skool weens die tekort aan klaskamers, “maar niks word gedoen om doeltreffende onderrig te verseker nie”.
Parlementslede dié week touwys gemaak
Só ʼn induksie is baie nodig, want die parlement is ʼn ingewikkelde plek vol reëls en gebruike wat verstaan en eerbiedig moet word as die instelling – die hart van die land se demokrasie – behoorlik wil funksioneer.
TLU SA skepties oor grondverslag
Die organisasie sê die verslag gaan waarskynlik ʼn polities-ideologiese dokument wees, eerder as ʼn ekonomiese dokument wat op groei fokus.
Verdagte vas vir aanval op bende-eenheid
“ʼn Aanval op lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ʼn aanval op die staat.”
Hoër griepvoorkoms ‘normaal’ in winter
Die instituut sê ook die onlangse berigte oor die beweerde uitbreking van “varkgriep” by skole is onakkuraat. Varkgriep is nie ʼn siekte wat mense kan opdoen nie, maar kom onder varke voor.
ToekomsVenster: Maak klaar met gister vir ’n gelukkiger lewe
Iemand het gesê, geen kennis van God sonder kennis van die self nie .Jy skuld dit aan jouself, doen wat nodig is om van die onnodige bagasie ontslae te raak.
Luister: Christenskap en kos saam op een tafel
“Om aandagtig te lewe beteken vir my dat ek die sintuie waarmee God ons gemaak het waarlik gebruik. Ek kan net ʼn bietjie stadiger lewe en besef waarmee ek op die oomblik besig is, en dit waardeer.”
Huldeblyke vir vermoorde onnie van Durbanville
Helga van Wyk is met ʼn mes in die hart gesteek en het kort daarna in die egpaar se slaapkamer gesterf. Johann is ernstig beseer nadat hy verskeie steekwonde opgedoen het.
Moordenaar wat uit hof stap weer vasgetrek
Toe die naam van die beskuldigde wat vrygelaat moes word uitgelees is, het Mtala gereageer, sy vingerafdrukke op die vrylatingsvorm aangebring en uit die hof gestap.
Pensioenfondse: ‘Regering wil private spaargeld plunder’
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIVR) het opnuut ten sterkste kapsie gemaak teen die regering se planne om voorgeskrewe bates vir pensioenfondse in te stel.
Gedig: My oupa Frank
“In die huis van my ouers staan ʼn skildery van my oupa van ʼn ou plaashuis, daardie huis wat hy moes afteken, sy pa se naam ontwille…”
Packham: Hy moor uit ‘woede en frustrasie’
Hy het nie een keer gesê dat hy sy vrou mis of jammer voel vir sy kinders se verlies nie, maar het eerder ʼn afwysende houding in die hof geopenbaar en geen empatie gewys nie.
Veiligheid by oord opgeskerp ná gas rower doodskiet
Die oord gaan binnekort ʼn elektriese heining, veiligheidskameras en bykomende beligting aanbring. Ekstra veiligheidswagte is ook reeds ontplooi, veral nou voor die langnaweek en skoolvakansie.
Ramaphosa erken hy word in OB-verslag genoem
“Dit is belangrik om te beklemtoon dat pres. Cyril Ramaphosa ten volle bereid is om sy samewerking aan die OB te gee met haar ondersoek en hy vertrou dat die saak binnekort afgehandel sal word.”
11-jarige eet en eet en eet … om pa se lewe te red!
Sy maats het hom oor die gewigstoename gespot totdat hulle uitgevind het waarom hy dit doen.
Dogter help sterwende pa se droom verwesenlik
“ʼn Mens besef net weer jy moet familie naby aan jou hou. Tyd is iets wat ʼn mens nie kan koop nie.”
10 skoonheidswenke vir die winter
Met die koms van winter word die vel droog en jeukerig, hare word kroeserig en dit voel soms of daar nie genoeg lipsalf is om jou gekraakte lippe te red nie. Dit is belangrik om te onthou dat jou skoonheidsroetine, net soos die weer, moet verander.
Waterkloof-bevelvoerder Saterdag begrawe
Die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het aangekondig dat ʼn ondersoek na Petso se dood sal gedoen word.
Organisasie vereer rolspelers in die onderwys
“Dit is vir die SOS belangrik om harde werk en deursettingsvermoë te vereer. Daarom sonder ons graag vandag etlike individue uit vir hul besondere bydrae tot die behoud en bevordering van Afrikaanse onderwys.”