Rob Packham het aangevoer dat Gill dalk die slagoffer van ʼn kaping was, maar die hof het vroeër sy weergawe van gebeure verwerp.
Alles vir Woensdag 12 Junie 2019
Die wêreld in foto’s – 12 Junie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Polisie krap kop oor moord op haweloses
Dit is die derde liggaam waarop in dié omgewing in die afgelope twee weke afgekom is.
#JongStemme: Die emigrasievraagstuk en die prys van ’n siel
Suid-Afrika is waar my gees gewortel is, waar dit gegroei het en waar dit tuis voel, ’n vakansie af en toe hierheen gaan nie my sieledors kan les nie. Jou huis is waar jou hart is en ek is nie bereid om ’n stuk van my hart en my siel prys te gee nie.
Waar in SA lê ʼn witkombers dié winter?
Daar is niks so skouspelagtig soos ’n vakansie-avontuur in die sneeu nie en in Suid-Afrika sal die blote gedagte van ’n vakansie in die sneeu, kinderlike opwinding bring. Hier is ‘n paar plekke waar jy dié wintervakansie in Suid-Afrika kan vertoef om moontlik ’n sneeukombers te sien.
Parlement se komiteevoorsitters binne dae bekend
Komiteevoorsitters is baie belangrike rolspelers, want hulle bepaal watter wetgewing en watter onderwerpe deur die parlement hanteer word.
Groot dele van Pta wéér sonder krag
Lindelo Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, het gesê tegnici probeer op dié stadium nog vasstel presies wat die onderbreking veroorsaak het.
Semenya: ‘Ek is ware atleet’
As Semenya se appèl teen die bepalings finaal misluk en sy nie meer toegelaat word om aan die 800 meter deel te neem nie, het sy daarop gesinspeel dat dit nie die einde van die wêreld vir haar sal wees nie.
Tegnologie skep hoop vir die volgende generasie Afrikaanssprekendes
“Nuwe tegnologie hou ons arms regop sodat ons soomloos in die toekoms kan ingaan, maak nie saak waarheen die onderwys gaan nie.”
Sassa waarsku oor onopgeëiste toelaes
Die begunstigde sal dan ook moet aandui hoe hy finansieel oor die weg gekom het tydens die opskorting van die toelae.
Bende-eenheid in Nyanga aangeval
“Terwyl die lede gesoek het na nóg ʼn verdagte wat ook met ernstige misdaad in die gebied verbind word, het skote uit een van die hutte geklap.”
SA ingenieur plavei sy pad Oxford toe met skarebefondsing
“Ek was in absolute ekstase gewees om keuring te kry! Dit was een van daardie spesiale oomblikke waar maande se harde werk vrugte afgewerp het.”
Verslag oor grondhervorming nou by Ramaphosa
Die paneel is in September verlede jaar aangestel om die inter-ministeriële komitee oor grondhervorming, waarvan Mabuza die voorsitter is, te adviseer oor ʼn wye verskeidenheid beleidsake soos restitusie, herverdeling, verblyfreg en landbousteun.
Nuuskommentaar: Is Afrikaner slagoffer van hoogmoed in grondtwis? Of juis andersom?
Erg aanmatigend, opruiend en ’n growwe omgang met die waarheid soos ons dit ken, vloei uit propagandabiljette en -pamflette van die BLF waarin onwettige grondbesetting in veral die Wes-Kaap aangehits word. Dit lyk baie waarskynlik dat die toename in plaasaanvalle in die Wes-Kaap ’n uitvloeisel hiervan kan wees. Hoe reageer ons hierop?
Minister vra betogers om nie klasse te ontwrig
“Die leerders mis kritieke eksamens wat uiters belangrik is vir die matriekeksamen oor ʼn paar maande. Dis sleg om te sien dat hulle toekoms in die gedrang gebring word weens diensleweringsprobleme wat niks of bitter min met hulle te doen het.”
Resep: Kamma-bouillabaisse
Heerlike seekossop!
Finansiële welstand: Positiewe finansiële gewoontes
Ronel Jooste, ʼn finansiële welstandafrigter, verduidelik watter positiewe finansiële gewoontes ʼn mens sommer dadelik kan begin toepas om jou finansiële onafhanklikheid te kry.
Ouers soek antwoorde ná ‘brutale aanranding’ in koshuis
Die woordvoerder sê die skoolhoof en die koshuishoof word albei ook deur die polisie ondersoek.
Departement besweer vrese oor varkgriep
Die Gautengse departement van onderwys het Woensdag gesê berigte van ʼn varkgriepuitbreking in die provinsie is onwaar.
Skok, hartseer oor seun (10) se skielike dood
Die seun se dood het skokgolwe deur die Krugersdorp-gemeenskap gestuur, aangesien hy nog enkele dae voor sy dood gesond genoeg was om landloop by die skool te oefen.