‘n Amptelike versoek is aan die Gautengse wetgewer se integriteitskommissaris gerig om Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se onlangse uitlatings teen wit leerlinge te ondersoek.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 Junie 2019
Aanvalle op toeriste in Mpumalanga veroordeel
Gabisile Shabalala, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het ʼn reeks aanvalle op toeriste in die provinsie veroordeel.
182 taxi’s in Kaapstad geskut
Die Stad Kaapstad het Dinsdag gesê 55 verdagtes is in hegtenis geneem in verband met verskillende oortredings, 182 voertuie is geskut en 4 698 boetes is uitgereik tydens ʼn operasie om op onwettige taxi’s in die stad toe te slaan.
Stryd in ANC vertraag werksaamhede in parlement
Binnegevegte in die ANC vertraag tans die aanstelling van parlementêre portefeuljekomitee-voorsitters en as sulks die behoorlike funksionering van die parlement.
V&A Waterfront ondersoek klagtes van rassisme
Die V&A Waterfront, een van Kaapstad se bekendste toeristebestemmings, het Maandag gesê hy ondersoek bewerings van rassisme van die DA-LP Phumzile van Damme.
Moord op haweloses: Nóg ʼn liggaam in Pta gevind
Die polisie in Pretoria het ʼn beroep op hawelose mense gedoen om in groepe te slaap ná die liggaam van ʼn vierde man in die gebied gevind is.
ToekomsVenster: Lag ’n slag vir ’n gelukkiger lewe
Moenie jouself en die lewe so ernstig opneem nie. Lag soos God oor jou lag. Pure opgewondenheid oor wat jy met hierdie dag gaan doen.
Beleggings van R6 miljard wyl Tshwane-koalisie wankel
Beleggings van sowat R6 miljard in twee motorfabrieke in Pretoria is Dinsdag deur die burgemeester van die Tshwane-metro, Stevens Mokgalapa, aangekondig terwyl die DA-geleide koalisie in die land se hoofstad wankel.
Skolegemeenskappe moet geweld help bekamp
Skole is ʼn mikrokosmos van ʼn gemeenskap en sal die vlakke van geweld in daardie omgewing weerspieël. Suid-Afrika het net openbare en private skole en daarom is dit elke lid van die gemeenskap se verantwoordelikheid om skole so veilig moontlik te maak.
Pandor sê departement ondersoek Zindzi Mandela-twiets
“Ons het ʼn sosialemediabeleid as departement en dit is absoluut noodsaaklik dat alle diplomate daaraan voldoen.”
Basta, Zindzi, ons voetspore is in Afrika!
Basta, ons voetspore is in Afrika skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit in ’n brief aan Zindzi Mandela na haar uitsprake op Twitter.
Tref-en-trap: Streeksekretaris van ANC in hof
Ondersoekers het hom Vrydag in De Aar opgespoor en in hegtenis geneem.
EFF na appèlhof in Trevor Manuel-lastersaak
Manuel het die EFF hof toe gesleep nadat die party beweer het daar was nepotisme betrokke in die soektog na en aanstelling van die hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Bende sit glo agter hoewe-aanval op paartjie
“My seun kon alles hoor en beleef,” vertel sy ma met afgryse.
Die wêreld in foto’s – 18 Junie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Karl Reich-moord: Twee vlugtig in hof
Verlede week se inhegtenisnemings het intussen daartoe gelei dat een van die mans aan die Valke uitgewys het waar Reich se liggaam in daardie tyd gelos is.
En 2019 se dorp van die jaar is …
Jeffreysbaai het in 2018 met die louere weggestap en Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg het ook al dié kompetisie gewen.
Tandarts moet operasie ondergaan ná aanranding
“Ek is die rustigste mens en nou vat my reputasie ʼn knock.”
Luister: Deon Groot oor ‘unieke, eietydse Namakwalandse’ album
“Namakwaland is bekend vir sy geselligheid, sy menswees en die atmosfeer wat daar geskep is. Ons wou dieselfde doen vir die album.”
Iemand se tande is getrek
Hoekom sê ons “iemand se tande is getrek”? Taaltoffie stel ondersoek in