Pres. Cyril Ramaphosa se wittebrood is verby. Die tyd vir uithaal en wys het aangebreek. Dit is die mening van ekonome wat met Maroela Media gesels het oor die staatsrede wat Donderdag sal plaasvind.
Alles vir Woensdag 19 Junie 2019
Wie sal Tongaat Hulett red?
Die vraag is nou of ʼn suikerprodusent of ʼn buiteperd die moed sal hê om Tongaat Hulett uit sy verknorsing te help.
Hiér is opposisieleiers se verwagtings van staatsrede
Wat veiligheid betref het Maimane gesê plaasmoorde moet dringend tot prioriteitsmisdaad verklaar word, terwyl Groenewald veral wil hê die gewoonte om wit mense te blameer vir alles wat verkeerd loop, moet duidelik deur Ramaphosa veroordeel word.
Dis nié net ʼn ding van die 21ste eeu nie
Behalwe dat ons weens ons slimtoestelle wat aanhou buzz en beep nooit afskakel of wégkom nie, geld daar deesdae blykbaar ook ’n nuwe stel reëls wat kommunikasie betref – en een waarvoor ek al hoe minder ooghare het. En ek praat nou spesifiek van WhatsApp – daardie klein groen ikon wat ons onontbeerlike metgesel geword het.
Ma wil self na vermiste seun in Viëtnam gaan soek
“As die son sak, voel dit of my hart wil gaan staan. Dan besef ek nog ʼn dag is verby. Dit is al ʼn maand.”
Nuuskommentaar: Gaan SA se vrot Fifa-eiers nou begin uitbroei?
Terwyl die gordyne oor vermoedens (en ’n ietsie meer) oor Suid-Afrika se aanbieding van die Fifa-wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 skynbaar in ’n moeras van smerige vergetelheid begin wegsink het, begin die stof weer uitslaan.
Boeremaglid se vrou: ‘Ons sal aanhou baklei’
Lets Pretorius (73) en sy seuns Johan (47) en Wilhelm (41) (Riëtte se man) het die hof gevra dat hulle vrygelaat moet word, of alternatiewelik net tydelik vrygelaat word, hangende die klag wat hulle by die VN se Menseregtekomitee oor hul verhoor ingedien het.
Zindzi Mandela en die internasionale beeld van Suid-Afrika
Die twiets van Zindzi Mandela is ’n waterskeidingsoomblik waarin die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking kan aandui dat dít die resep is wat voortaan gevolg gaan word óf (soos haar voorgangers) die stof wat opgeskop is, onder die mat vee en aanploeter op die rampspoedige pad van die afgelope jare.
Waarom veganisme al meer wortelskiet
Toenemend meer winkels hou vegan-produkte aan, restaurante bied vegan-opsies op hul spyskaarte en daar bestaan selfs eksklusief vegan-eetplekke. Is dié kool die sous werd?
Is daar ’n rigting wat mense, groepe en tale inklusief erken?
Dit sou goed wees as Afrikaners presies weet waarvoor die rigtings táns staan voordat hulle teen dié of daardie rigting te kere gaan.
Dít maak plaasaanvalle anders
Ek wens dikwels politieke kommentators en die veiligheidsministers, of die president self, wil net één maal saamgaan na so ’n plaasmoordtoneel. Hulle moet dit ruik en sien. Eers dán is hulle gekwalifiseerd om oor die ooreenkomste en verskille tussen plaasmoorde en ander misdaad te praat.
Resep: Sampioen-en-bloukaassouttert
ʼn Tert vir elke geleentheid!
Koste van die top-10 hospitaalplanne in Suid-Afrika
Wat beloop die maandelikse premies van die top-10-hospitaalplanne in Suid Afrika tans?
Al blaffend en drawwend na wêreldrekord
Odessa is die vinnigste hond oor ’n myl!
Hoëvlakspan na Mosambiek ná skietery op grens
Suid-Afrikaanse soldate was besig met ʼn roetinepatrollie as deel van grensbeskerming toe die voorval plaasgevind het.
Luister: Suzzi vra ‘is als vir niks’ met jongste enkelsnit
“Soms voel ek die lewe, die probeer, die aanhou, is alles ʼn gejaag na wind. Die gejaag na geld, roem en waardering – ook als vir niks.”
Vrou steek glo man se bakkie buite polisiestasie aan die brand
Sy vrou het hom na die polisiestasie vergesel, maar het by die aaklagkantoor uitgestap en glo sy bakkie aan die brand gaan steek.
Video: Knoffel-truuk het internet gaande
ʼn Video waar ʼn vrou verduidelik hoe om knoffelhuisies vinnig te skil, het gebruikers op sosiale media gaande.
Jhb dalk lank sonder water
Rand Water, die instelling wat grootmaatwater aan die stad verskaf, beplan ʼn grootskaalse sluiting wat al sy reservoirs en watertorings van Maandag (24 Junie) 54 uur lank gaan raak.
Twee jaar tronkstraf vir man wat by polisiestasie inbreek
“Ek glo die vonnis gaan dien as ʼn afskrikmiddel vir enigeen wat iets soortgelyks wil probeer.”