Ek is gaande oor die Vind uit!-reeks en glo dit hoort sonder twyfel op elke kind se boekrak
Alles vir Donderdag 20 Junie 2019
Inkatha-LP waarskynlik volgende Skoor-voorsitter
Goed ingeligte bronne het aan Maroela Media gesê die posisie is aangebied aan dié LP.
Taalgebruik: e-pos
Maak seker jy stuur ‘n “e-pos” en nie ‘n “epos” nie, wanneer jy iets vir iemand elektronies wil stuur.
Johannesburg spog met 42 nuwe ambulanse
“Ek is intussen ingelig dat die Gautengse provinsiale regering van voorneme is om die Stad Johannesburg se ambulansdiens oor te neem.”
Skryfkursus aangebied in die mooie Montagu
Kom deel in die avontuur van skoonheid: die ontdekking, uitdaging en vreugde van ʼn skryfkursus gekombineer met klasse in Klein-Karoo kulinêre kuns in een van Montagu se mees elegante historiese huise.
Steve: ‘Ek het gereageer soos ʼn burger moet’
Steve Hofmeyr sê sy twiet wat daartoe gelei het dat die ANC klagte teen hom aanhangig gaan maak, was ʼn aanspraak op selfverdediging.
Proteas: ‘Ons het ons beste gegee’
Du Plessis het bygevoeg die span sal aanhou veg en hul beste gee in die komende wedstryde.
Staatsrede 2019: Staatsamptenare eis antwoorde, oplossings
“Daar kan nie langer van die Openbare Beleggingskorporasie verwag word om staatsamptenare se pensioengeld te vermors op pogings om Eskom en ander mislukkende SBO’s te red nie. Die tesourie kan ook nie aanhou om nimmereindigende waarborge uit te reik nie wat die fiskus onder druk plaas, terwyl belastingbetalers opdok.”
103-jarige spog met wêreldrekord in atletiek
“Mense moet besef jy kan enigiets op enige ouderdom doen.”
By dié dokter betaal jy net wat jy kan bekostig
“Ek het altyd gewonder hoekom mense sonder geld nie ook die voorreg het om ʼn dokter te sien wat voldoende mediese sorg kan bied nie. Daarom wou ek graag hierdie praktyk op die been bring.”
Wenke van ‘Opgetof’ se mooimaakmeesters
Donderdagaande omskep Eugene Coetzee en Rinet Engelbrecht in ʼn japtrap verbeeldinglose spasies in pragruimtes in die VIA-reeks Opgetof. Maroela Media het by hulle gaan aanklop vir ʼn paar slim mooimaakwenke.
Wat Johnson anders as May sal moet doen
Die vraag oor wie die volgende leier van die Konserwatiewe Party en gevolglik ook die volgende eerste minister van die Verenigde Koninkryk gaan wees, sal hierdie week nog ʼn tree of twee nader aan finale beantwoording wees. ʼn Uiters interessante paar maande lê voor in die Britse politiek, skryf Jaco Kleynhans.
Moordslagoffer by Graaff-Reinet uitgeken
Die slagoffer het blonde hare gehad en was netjies geklee in ʼn blou denim en blou hemp.
Podlitiek: Twitter-parade en nog skade…
Hierdie week kyk Daniël, Ernst en Paul oudergewoonte na die stories wat hulle oog gevang het, en pak dit vir die luisteraar uit. Hulle fokus op Zindzi Mandela se twiets, nuwe wetgewing oor vuurwapens vir sekuriteitsmaatskappye en Ace Magashule.
3 skuldig aan terreuraanval wat 148 eis
Daar is op studente en universiteitspersoneel losgebrand en 148 mense is doodgeskiet.
Babalykie op ashoop: Vrou weer in hof
Sy het aanvanklik ontken dat sy swanger was en dat sy die baba op die stortingsterrein weggegooi het.
Luister: Joe Foster en Elandré saam vir goeie doel
“Ek het in die afgelope jaar of twee van my lewe ál meer besef dit is beter om te gee as om te ontvang. Wanneer jy gee, kry jy ʼn gevoel dat jy ʼn doel op aarde het.”
Breinknoper: Hoe groot was die Ramaphosa-faktor in die verkiesing?
Om te probeer vasstel hoe groot die Ramaphoria/Ramaphosa-faktor in verlede maand se verkiesing was, en hoeveel stemme die president dus van opposisiepartye weggeneem het, is ‘n moeilike en dalk onmoontlike breinknoper, maar kom ons probeer – as die begin van ‘n gesprek, skryf Jan-Jan Joubert.
Verdien Lesufi ’n slaagpunt?
Waar gaan hy die begroting kry om drie tale in ’n skool aan te bied? Of weet hy nie eens dat meer tale meer onderwysers vereis nie? Sy voorstel van drie tale in ’n skool dui dus eintlik op sy skynheiligheid oor Afrikaans, asook sy onkunde oor praktiese onderwysoplossings wat, soos die Grondwet vereis, kinders eerste stel.
‘Kunsrevolusie’ lê voor by vanjaar se Aardklop
Aardklop is al bekend as die plek waar die room van Suid-Afrika se kunstenaarswêreld jaarliks bymekaarkom en te oordeel na vanjaar se program, behoort vanjaar ʼn beter ervaring as ooit in te hou.