ʼn Span van 126 mense werk nou om die politieke moorde in die provinsie te ondersoek.
Lees meerAlles vir Vrydag 21 Junie 2019
Eskom verwelkom hofbevel wat Trillian dwing om miljoene terug te betaal
Die hooggeregshof in Pretoria het Trillian Capital, wat verbind word met die omstrede Gupta-familie, beveel om ál die geld wat hy tussen Augustus 2016 en Februarie 2017 by Eskom ontvang het, terug te gee.
Man skuldig aan manslag tien jaar ná ongeluk
Nege passasiers en die minibusbestuurder is ná die ongeluk in die bussie vasgekeer en het daar doodgebrand. Nog drie passasiers is later in ʼn hospitaal dood.
Staatsrede kort detail oor sukkelende staatsondernemings
Sommige ekonomiese ontleders sê pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdag het tekort geskiet wat betref besonderhede oor hoe om sukkelende staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) reg te ruk.
ToekomsVenster: Los die ongekontroleerde idealisme vir ’n gelukkiger lewe
Hy belowe ons dat ons stormweer nie hoef te vrees nie. Hy is Immanuel, God met ons. Leef vandag voluit sy genade en voorsiening. Hy dra jou waar jou knieë knik.
Jong IVP-LP nuwe Skoor-voorsitter
Hlengwa is ʼn voormalige nasionale leier van die Inkatha-jeugbrigade en tans die IVP se nasionale woordvoerder.
Foto’s: Outydse sjarme in Marshstraat
Vir dié wat terugverlang na die stadige pas van vervloë dae bied die Monroe-teater in Mosselbaai kamerkonserte, vintage-klere en “high teas”.
Die wêreld in foto’s – 21 Junie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Video: Onnie, leerders se danspassies het internet gaande
Die onnie wat saam met die leerders lyf skud, is niemand anders nie as Ammiël Smith (28), die hubare enkellopende wat in 2015 wyd bekend geword het toe hy besluit het om sy trouvrou op straat te gaan soek deur met ʼn kartonbordjie by ʼn verkeerslig in Bloemfontein te gaan staan.
Man dood ná piksteel-aanval by plaashek
Kapt. Johannes Ramphora, polisiewoordvoerder, het gesê die man het by die hek stilgehou toe ʼn onbekende aantal aanvallers op hom toegesak en hom met ʼn piksteel toegetakel het.
Aflosspan trek hul goue skoene aan
SA span wen goud in Ostrava.
Thandi Modise nie in hof ondanks dagvaarding
Thandi Modise, voormalige voorsitter van die nasionale raad van provinsies en tans speaker vir die nasionale raad, sou vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse streekshof verskyn op aanklagte van dieremishandeling.
Julius Malema weer in hof
Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag vlugtig in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956.
Beamptes kry ook hul kans in Wimbledon
Anderson, Harris en Klaassen sal die rakette swaai
Unisa-studente woedend oor wending ná vraestelle uitlek
“Dit is my toekoms wat op die spel is. Dit is my brood en botter.”
Geliefde Hilda verlaat ‘7de Laan’
“Ongelukkig is dit tyd om vir Hilda totsiens te sê en nuwe uitdagings, geleenthede en horisonne te ontdek in die Kaap, waar ek gebore en getoë is.”
‘Sindikaatleier’ aan VSA uitgelewer
Die vermeende meesterbrein agter ʼn internasionale dwelmhandelsindikaat wat verlede jaar in Johannesburg in hegtenis geneem is, is die week aan die VSA uitgelewer.
Crusaders net té sterk vir Highlanders
Christchurch-manne het die silwerware so te sê in die sakkie.
Staatsrede 2019: Drome en nagmerries
Die president se droom is vol lugkastele in die Chinese styl, werkskepping wat uit die lug uit val en die Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor wat magies vauit die as verrys.
Luister: Bob Ffole rock nou in Afrikaans
Bob Ffole was jare lank bekend as ʼn geharde rocker in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf voordat hy die verhooglewe vir ʼn gesinslewe verruil het. Nou is hy terug en dié keer met ʼn Afrikaanse album – maar nog net so rock ʼn roll soos altyd.