Alles vir Vrydag 28 Junie 2019

Nuuskommentaar: Is voortrek van eie ras rassisme?

Rassisme is nie ’n uitsluitlik Suid-Afrikaanse probleem nie. Ook in ander lande word kop gekrap oor hoe om sekere probleme te oorkom sonder om die probleem juis aan te stig. Daar moet onderskei word tussen heethoofdige kwaadaardige aanvalle soos deur Zindzi Mandela, en eerlike pogings om kinders in historiese agterstande vasgevang, regverdige kanse te bied. Rassisme kan nooit deur rassisme beveg word nie.