Die Stad Johannesburg het gesê ambulansdienste sal nie onttrek word aan Cosmo City of enige ander plek in die stad nie, nadat paramedici oor die naweek in dié gebied aangeval is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 Julie 2019
Eskom bevestig Zim het skuld betaal
“Eskom bevestig dat die betaling deur Zimbabwe vandag in sy rekening reflekteer,” het Eskom gesê.
SA onnies gee minder klas as ander lande
Die bevindings is Dinsdag tydens die vrystelling van die Talis-verslag by Nellmapius Secondary School in Pretoria aangekondig.
Zuma-era ministers gaan portefeuljekomitees lei
Parlementêre portefeuljekomitees het Dinsdag ʼn rits ministers uit die Zuma-era en LP’s, wat skynbaar lojaal is aan die voormalige president, aangestel as voorsitters.
EFF onttrek ondersteuning aan DA by rade
Die DA het bevestig die party het hom genader en in kennis gestel dat die EFF ooreenkomste aangegaan het om met die Congress of the People (Cope), die African Christian Democratic Party (ACDP) en die Vryheidsfront Plus (VF Plus) saam te werk.
Vrou sterf toe seiljag in storm beland
Twee mans en hul hond, van Oos-Londen, het oorleef, maar ʼn vrou is dood, toe hul seiljag in ʼn storm beland het.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe – wit, swart en grys
Sy Naam sluit die hemel, ook hier op aarde oop. Niks meer en niks minder nie. Dit plaas die dinge waaroor ons so oortuigend stry in perspektief.
Inwoners van Delmas-omgewing raadop met waterkrisis
Inwoners van Delmas en omliggende gebiede in Mpumalanga sit met hul hande in die hare aangesien dié gebiede al langer as ʼn maand sonder lopende water sit – met geen verligting op die horison nie.
Luister: Matrikulant met geboortevlek inspireer nou duisende
In die era van sosiale media waarin mense glo om vlekkeloos te wees is gelyk aan perfeksie, het Chantel Struwig egter die keuse gemaak om haar unieke voorkoms vir ʼn goeie doel aan te wend en ʼn positiewe boodskap oor selfbeeld uit te dra.
Gebou ontruim ná brand by Addington-hospitaal
Die hospitaalbestuur het beveel dat die gebou ontruim word en talle pasiënte, ook kinders en pasgebore babas en hulle ma’s, die gebou moes verlaat.
Familie soek antwoorde ná man in tref-en-trap sterf
Toe bel ʼn polisiebeampte later die dag met die ondenkbare nuus dat daar wel die vorige dag ʼn voorval op die snelweg plaasgevind het.
Boeke en leesmense
Iewers in my vroegste jare het oompie Thys my ʼn boek present gegee want hy was ʼn leesmens. Dit was die meesterlike storie van Fanie se veldskooldae geskryf deur PJ Schoeman…
SOS verwelkom plan om standaard van laerskole te meet
Makhura het Maandag tydens sy provinsiale rede gesê hy het reeds aan Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, opdrag gegee om onmiddellik die nasionale geïntegreerde assesseringsraamwerk in te stel. Die laerskole se uitslae sal bekendgemaak word nadat die assessering afgelê is.
Voertuigverkope: Goeie maand vir Toyota, VW
Toyota het rustig sy Hilux-bakkiereeks deur die 4 000-verkopegrens laat bars, en dit in die jaar wat die Hilux sy 50ste suksesvolle jaar in ons land vier.
Die wêreld in foto’s – 2 Julie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Byekorwe byna so groot soos ʼn Volla
Geelbaadjie-perdebye maak amok in Alabama in die VSA en bou “superkorwe” wat byna so groot is soos ʼn Volkswagen Beetle.
Swangerskap of mediese fonds – watter een eerste?
Swangerskap en geboorte kan een van die wonderlikste ervarings van jou lewe wees. Dit kan ook een van die duurstes wees. Voordat jy dus aan gepaste name begin dink, maak seker dat jy ’n lid van ‘n mediese skema in Suid-Afrika is.
Wagte in hof ná transitorooftog
Die veiligheidswagte het beweer dat twee rowers petrol oor die Fidelity-voertuig uitgegooi en gedreig het om dit aan die brand te steek indien hulle nie uit die voertuig klim nie.
Jong fietsryer wil speke van sukses laat sing
“As jy egter nie bereid is om te val nie, dan is jy ook nie bereid om kanse te waag nie; jy móét in die fietsrywêreld waag om te wen.”
Luister in 3 minute: Raswette in die appèlhof, ouditverslag en lae sake-siklus
In vandeesweek se aflewering van 3 sake, 3 minute bespreek Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, dié organisasie se regsaak in die hoogste appèlhof oor ras-wette.