Alles vir Dinsdag 2 Julie 2019

Nuuskommentaar: Wie regeer nou eintlik?

Gaan daar ’n stadium kom waar pres. Cyril Ramaphosa nié minstens soms sal moet skietgee aan eise van sy opponente nie om sy posisie as president in stand te kan hou nie? Of moet aanvaar word dat sy bewind afhang van die mate waarin kwaadaardige belange en beleidsrigtings geakkommodeer moet word om nie onsagkens die slagoffer van die Zumas en Magashules van ons tyd te word nie?