Die beste plaaslike en internasionale branderplankryers sê mekaar die stryd aan vandeesweek in KwaZulu-Natal. Maroela Media het ʼn versameling van die mooiste foto’s van die aksie en pret bymekaargesit:
Alles vir Woensdag 3 Julie 2019
N2 by Plettenbergbaai steeds gesluit
Dit lyk ook nie of die pad gou oopgestel gaan word nie aangesien betogers vanoggend buitebande op alternatiewe roetes begin brand het.
Bekendes deel video’s van ‘proppie’-uitdaging
Daar was al verskeie uitdagings op sosiale media waaraan an bekendes tot Jan Alleman deelgeneem het. Met die jongste uitdaging moet jy ‘n proppie van ‘n bottel afskop sonder dat die bottel omval.
FAK hou ‘Dankie Steve’-konsert
“Dit sal jammer wees as individue en organisasies se voorskriftelike politieke agendas die rede is waarom die FAK nie vir Steve erkenning mag gee vir sy werk ten bate van Afrikaanse musiek oor dekades nie.”
Veiligheid vir Bonteheuwel te midde van nóg misdaad
Die stad het sy eerste buurtveiligheidspan in 2017 van stapel gestuur in ʼn poging om misdaad te bekamp in voorstede wat deur die polisie se jaarlikse misdaadstatistieke geïdentifiseer is.
Leon van Nierop se resensie: Yesterday
Hierdie huldeblyk aan die Beatles se geniale musiek klits ʼn mens om vanaf die eerste suiwer kitaar-noot.
SAMRK ‘vriend’ vir ongedokumenteerde leerders
Die SAMRK het Dinsdag toestemming ontvang om as ʼn vriend van die hof toe te tree in ʼn saak waar die Sentrum vir Kinderregte die minister van die onderwys voor die hof daag om die reg op onderwys vir ongedokumenteerde leerders te verseker.
Video: Konfrontasie met bronstige olifantbul dryf dogter tot gebed
Die selfoonvideo van dié angswekkende konfrontasie het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en is reeds bykans 500 000 keer gekyk en meer as 15 000 keer op Facebook gedeel.
Leon van Nierop se resensie: The Secret Life of Pets 2
Dit is een van die min flieks waar Pa en Ma net soveel vreugde uit die diere-manewales kan put as die kinders. Dit is op albei gehore gerig.
DA staan ook voorgestelde wysigings aan Wet op Private Sekuriteitsbedryf teen
Die DA sê voorgestelde wysigings aan die Wet op die Regulering van die Private Sekuriteitsbedryf (sogenaamde Psira-wet) striem ʼn bedryf wat die veiligheid van miljoene Suid-Afrikaners probeer verbeter.
Gedig: geel walvis
“My pa het net eendag beslyt ôs moet begin goed doen asse family…” Nathan Trantraal se “geel walvis” – in Kaaps.
Resep: Warm proteïenpap
“Al die banting-/keto-pap wat ek al gemaak het, kon nog nie werklik die lus vir ʼn lekker warm bakkie pap blus nie. Maar hierdie een, hierdie een is perfek.”
Departement takel tekort aan skoolbanke in Oos-Kaap
Daar is tans ʼn tekort van meer as 10 000 skoolbanke en stoele vir leerders in dié provinsie.
Ondersoek ná ma by kliniek se hek kraam
Net buite die kliniek, het sy besef dat sy nie by die hospitaal gaan uitkom voordat die baba gebore word nie.
Nuuskommentaar: EFF onttrek hom aan DA-koalisiepolitiek
Min Suid-Afrikaners is seker verbaas dat die EFF besluit het om sy steun aan die DA se koalisiepolitiek op munisipale vlak te onttrek.
Verbruikersake: Vermy die pyne van direkte bemarking
Ina Opperman verduidelik wat jou regte oor direkte bemarking is.
Lesersbrief: ‘Dit is soms al wat ons oor het’
Ek is g’n profeet nie, maar ek wil graag deel wat die droogte ons tot dusver geleer het. Bly jubel, bly juig, want soms is dit al wat ons oor het.
Petroljoggies, plaaswag, polisie fnuik ‘plaasaanval’
Die voertuig is ondersoek waarna die plaaswag en die polisie op onder meer huisbraakgereedskap, messe, toue, kabelstroppe, pangas en wors, wat die sogenaamde Two Step-gif bevat het, afgekom het.
VF Plus nie beïndruk met Rooimiere se opskorting
“Dit is nog ʼn voorbeeld waar diegene wat binne die wet optree, gestraf word terwyl die wetsoortreders straffeloos gelaat word.”
Untu gaan staak oor spoorwegstelsel
“Die president dobbel met Suid-Afrikaners se lewens.”