Facebook, WhatsApp en Instagram was vanoggend weer aan die gang nadat miljoene gebruikers Woensdag probleme met dié drie sosialemediaplatforms ondervind het.
Alles vir Donderdag 4 Julie 2019
Ouers kry skoknuus: Dokters kan ‘niks meer vir Giovanni doen’
“Ons ken ons kind. Ons gaan aanhou waar [die dokters] ophou. Hulle sal die wonderwerk aanskou.”
Foto’s: Groot skade ná motor deur kerkmuur ploeg
“Toe ons by die kerk aankom, was daar alreeds ’n klomp mense wat uitgekom het om te kyk wat gebeur het.”
Polisieman doodgeskiet dag voor hy moet getuig
Hy was sedert 2011 betrokke by die polisie se misdaadsintelligensie-eenheid in Soweto en was veronderstel om vandag in die Randfontein-landdroshof te getuig.
Oudraadslede skuld glo miljoene aan Tshwane‑metro
Verskeie oud‑ANC‑raadslede en senior werknemers van die Tshwane‑metro betaal na bewering al vir jare nie huurgeld vir die munisipale huise wat hulle bewoon nie.
Foto’s: Groot skole sardiens maak opwagting
“Onthou, die visse is baie onvoorspelbaar en kan sommer oornag verdwyn.”
Babapoppe vir Alzheimer-pasiënte is ʼn groot sukses
“Dis ʼn eenvoudige idee, maar dit werk! Al weet ons nie presies wat hulle dink nie, kan mens sien die pop het beslis gehelp om ʼn goeie herinnering te herroep.”
Malema kry bloedneus in hof
Malema is al minstens twee keer aangekla van oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste – in Newcastle in KwaZulu-Natal en in Bloemfontein – toe hy sy ondersteuners aangemoedig het om ongebruikte grond te beset.
Federer, Nadal binnekort in Kaapstad in aksie
“Ek sien baie daarna uit – dankie Rafa!”
Taalgebruik: waardeer, waardeur
Moenie dié twee woorde met mekaar verwar nie.
Simposium ter verdediging van die Christelike geloof gehou
Ratio Christi, ’n apologetiekvereniging, bied volgende week ’n kongres in Pretoria aan, waartydens ’n hele rits apologete gaan praat, onder hulle bekende internasionale apologete, soos professor Richard Howe, van die VSA.
Slaap in ʼn woudhuis, smul by ʼn plaaskombuis
ʼn Netjiese plankpad kronkel deur die inheemse bos tot by die voordeur van ʼn huis tussen die takke. Die mure is van tentseil en hout. Buite die badkamer pik-pik ʼn Knysnaloerie vir sy eie weerkaatsing teen die venster. Die slaapkamer ruik na pluksels fynbos – bergbruidjies, suikerbos en heide in ʼn blompot.
Boeing beloof miljoene dollar aan families ná vliegrampe
“In ooreenstemming met Boeing se proses vir liefdadigheidskenkings, sal werknemers van die maatskappy ook die geleentheid gebied word om donasies te maak.”
Wes-Kaap vra ‘deursigtige aanstelling’ van provinsiale polisiehoof
Fritz het gesê ingevolge die Grondwet moet die nasionale polisiehoof, in samewerking met die provinsiale uitvoerende gesag, iemand as provinsiale polisiekommissaris aanstel. As die polisiehoof en die provinsie egter nie oor ʼn aanstelling kan ooreenkom nie, moet die kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring as bemiddelaar optree.
Luister: Dié country-album kom uit die hart
“Ek is baie van die huis af weg en verlang maklik. Die snit gaan juis oor daardie verlange na die geliefde wat jy agterlaat.”
Streeptruie deel pakslae uit by Cravenweek
Kapenaars maak amok ná twee rooikaarte vir Vrystaat.
Natuurlike voedselpreserveermiddel in die vooruitsig
“Ons navorsing toon dat die gebruik van byprodukte van sitrus en wyn wat ryk is aan bioaktiewe komponente ’n doeltreffende, goedkoop, maklik beskikbare en omgewingsvriendelike platform vir die produksie van natuurlike en volhoubare voedselpreserveermiddels kan bied.”
Uitspraak verwag in Malema-saak wat ‘apartheidswet’ betwis
Hy sê die destydse apartheidsregering het die Wet op Oproerige Byeenkomste deurgevoer om swart mense te onderdruk en mag nie onder ʼn nuwe, demokratiese bedeling gebruik word nie.
Vandag se sportnuus
Jaco Peyper in beheer van Super-eindstryd.
Resep: Soetkoekies
Doop hierdie koekie in jou tee of eet dit sommer net so uit die blik uit!