“Ons is van mening dat die emosionele taalgebruik, persoonlike beledigings en blatante leuens of sinspeling, daarop gemik is om die aandag van die ware kwessies en bevindings af te lei.”
Alles vir Donderdag 11 Julie 2019
Gesteelde beursie 75 jaar later teruggekry
ʼn Loodgieter het 15 beursies in ʼn skool se badkamermuur gevind. Dit is in die 1940’s van skoliere gesteel.
‘Dit het só vinnig gebeur,’ sê pa na peuter brand
“Dit het gevoel soos ʼn kwessie van 10 sekondes toe hoor ons hom huil.”
Zeney wen silwer in hekkies
Jong atleet tweede in 400 m-item by Wêreld-Studentespele.
Drie ringkoppe moet e-tol-debakel oplos
Met Mbalula nou ook op die taakspan, hel die waarskynlike uitslag van die gebeure oor daarna dat die stelsel wél geskrap gaan word. Mbalula het reeds verklaar dat hy wéét mense wil daarvan ontslae raak.
EFF kap Ramos se aanstelling op interim direksie
Die EFF verwys na Ramos, Mboweni, Manuel en Ramaphosa as “direkte afgevaardigdes van wit monopolie kapitaal.”
Jhb-burgemeester dreig Eskom met Nersa
Mashaba het gesê Eskom het ʼn wetlike plig om elektrisiteit te verskaf aan inwoners wat hulle rekeninge betaal. Volgens hom is dit kommerwekkend dat die kragvoorsiener besluit het om nie infrastruktuur te herstel in gebiede met hoë vlakke van wanbetaling nie.
Hiér is die wêreld se hoogsbetaalde sterre
Forbes het pas sy jongste lys bekendgemaak van die hoogsbetaalde bekendes die afgelope jaar en die geld wat dié sterre jaarliks in hul sak steek, is niks minder as verstommend nie.
Vrou ure lank aangehou, verkrag
Sy het haarself in die huis toegesluit, maar hulle het die deur oopgeskop, haar vasgebind en haar gesig met ʼn kussingsloop toegemaak.
Beurse nou beskikbaar vir nagraadse studie in Afrikaans
Die beurse bied tot R120 000 vir doktorsgraadstudie en tot R60 000 vir magisterstudie.
All Blacks, Teichmann, Stransky onthou vir Small
“Hy is ’n broer wat ons almal se lewens op ’n baie spesiale wyse geraak het.”
6 sterf in trompop botsing
’n Volkswagen Polo en ʼn passasiersbus het sowat 2 km buite Moorreesburg gebots.
Jiba, Mrwebi se toekoms nou in parlement se hande
Volgens wetgewing moet die parlement oorweeg of Jiba en Mrwebi heraangestel behoort te word.
Brakpan-ma, drie kinders dood aangetref
Die polisie is omstreeks 17:00 na die huis ontbied en die brandweer was reeds op die toneel.
Inwoners van dié lande kan nou sonder visum na SA reis
Die departement van binnelandse sake het aangekondig dat sewe lande gevoeg is by die lys van lande wie se inwoners nie visums nodig het om na Suid-Afrika te reis nie.
Finansiële welstand: Basiese spaarwenke vir Spaarmaand
Julie is bekend as Spaarmaand in Suid-Afrika. Wanneer ’n mens doelbewus op die uitkyk is vir moontlike geleenthede om te spaar, raak dit makliker. Dit is nie altyd nodig om te soek vir groot besparings nie.
Podlitiek: EFF-rommel, die twiet oor e-tol en Nederland sê nee vir grondonteiening
Die Podlitiek-span kyk na ‘n storie oor die EFF se rommel, die twiets oor e-tol en Nederland wat nee vir grondonteiening gesê het.
Nuwe besem vee skoon by openbare werke
“Afgesien daarvan betaal die polisie ʼn private maatskappy om die geboue teen ʼn koste van tussen R400 000 en R500 000 per maand op te pas.”
Ford se Everest afgestof en opgetof
Op die oog af lyk die nuwe Everest nie dramaties anders as sy voorganger nie – die wagwoorde hier is beslis subtiel dog elegant, gemaklik en duursaam.
Resep: Kerriebeesvleis-gereg met groente
Lekker huiskos!