Sake so gelyk as wat kan kom, maar Engeland is Wêreldbeker-kampioen!
Lees meerAlles vir Sondag 14 Julie 2019
Titane van die tennisbaan!
Meer as vyf ure nodig om Wimbledon-kampioen te kroon.
SA’ner Daryl Impey wen 9de Tour de France-skof
Hy het na die Suid-Afrikaanse vlag op sy trui gewys toe hy oor die eindstreep in Brioude gejaag het.
Hamilton laat Britte op Silverstone koning kraai
Lewis Hamilton (Mercedes) het Sondagmiddag op die Silverstone-renbaan die kersie op die koek ná ʼn heerlike middagmaal geplaas.
‘Bekende akteur’ vas oor ontvoering, uitbuiting
ʼn “Bekende Suid-Afrikaanse akteur” en twee medepligtiges sal na verwagting Maandag in die Booysens-landdroshof in Gauteng verskyn op aanklag dat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, en op ʼn rits ander aanklagte, waaronder ontvoering en uitbuiting.
Michael Schumacher ‘sukkel om te kommunikeer’
Die voormalige Ferrari-baas, Jean Todt, het terugvoer gegee oor die toestand van die Formule 1-kampioen Michael Schumacher.
Antieke piramides ná 54 jaar weer oop vir publiek
Egipte het twee antieke piramides, suid van Kaïro, vir die eerste keer ná 1965 weer vir die publiek oopgemaak nadat restourasie afgehandel is.
DA versoek ambassadeur moet onmiddellik herroep word
Die Demokratiese Alliansie het die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, versoek om ambassadeur Bruce Koloane onmiddellik te herroep van sy pos in Nederland ná sy verdoemende getuienis by die Zondo-kommissie na staatskaping die afgelope week.
Uitlewering van minister vir eers opgeskort
Die uitlewering van die voormalige Mosambiekse minister van finansies, Manuel Chang, aan Mosambiek, is opgeskort ná “ʼn nuwe stel feite” aan die lig gekom het, het die ministerie van justisie en korrektiewe dienste gesê.
Aardbewing van 6.6 naby Australië
ʼn Aardbewing van 6.6 het naby Broome aan die kus van die noordweste van Australië plaasgevind, het die Amerikaanse Geological Survey (USGS) Sondag gesê.
Esidimeni-families ontevrede oor uitbetalings
“Ons moet die voortgesette nagmerrie van die Esidimeni-tragedie beëindig.”
Glo geen verdere afleggings by SAUK
Die SAUK het Sondag mediaberigte verwerp dat die openbare uitsaaier van plan is om nog personeel af te lê.
Foto’s: Groot kragonderbreking in New York
Verskeie Broadway-vertonings is op kort kennisgewing gekanselleer. Sommige kunstenaars het impromptu vertonings op die sypaadjie buite die teaters aangebied.
SOE gaan Vrystaat-asbeskontrak ondersoek
Die Demokratiese Alliansie het gesê hy verwelkom die aankondiging dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) die omstrede Vrystaatse asbeskontrak gaan ondersoek.
Die Curriebeker het afgeskop!
Griekwas, Leeus en WP aan die wenkant.
Twee beseer toe hulle van brug val
ʼn Man en ʼn vrou het Sondag ernstige beserings opgedoen nadat hulle van ʼn brug in Pinetown in KwaZulu-Natal geval het.
Drie sterf in Mpuma-ongeluk
Drie persone is dood en drie beseer tydens ʼn trompop botsing tussen twee motors op die R555 Stoffberg-pad, ongeveer 40 km buite Middelburg in Mpumalanga.
Vier vas toe polisie rooftog fnuik
Die Maclear-polisie in die Oos-Kaap het ʼn gewapende rooftog by ʼn poskantoor gefnuik toe inligting oor verdagte mans ontvang is.
Staatskapingkommissie tref reëlings vir publiek oor Zuma
Die Kommissie van Ondersoek na staatskaping het spesiale reëlings getref om groot getalle te akkommodeer wanneer oudpresident Jacob Zuma na verwagting Maandag tot Vrydag voor die kommissie sal getuig.
Duurder elektrisiteitstarief vir Pta’ners opgeskort
Die Tshwane-metro het aangekondig dat hy van 17 Julie nie met die implementering van die onwettige verhoogde tarief vir die 2019/2020-termyn sal voortgaan nie.