Die polisie in Australië het op een van die grootste dwelmvondse nog in die land beslag gelê nadat hulle ʼn masjiengraaf, wat onlangs vanaf Suid-Afrika in dié land aangekom het, deeglik deursoek het.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 Julie 2019
Ramaphosa steun Gordhan se aansoek teen OB
Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn ondersteunende beëdigde verklaring by die hooggeregshof in Pretoria ingedien met betrekking tot die minister van openbare ondernemings se hofaansoek teen die openbare beskermer.
Oorbevolking in tronke pla
Suid-Afrika se gevangenisse is erg oorbevolk en die departement van korrektiewe dienste sal om die rede voorkeur gee aan die verskaffing van toepaslike dienste vir veilige en menslike aanhouding in korrektiewe sentrums.
AfriForum, Tshwane-metro bereik konsensus oor tariefverhoging
“Ons hoop dat ons voortaan sulke kwessies kan oplos voordat ons die punt bereik waar die howe genader word.”
‘Regse bevelvoerder’ vas oor beweerde komplot, ammunisie
Izak Gerhardus Visagie (50) is volgens die Valke die bevelvoerder van ʼn regse groep.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; onder nuwe bestuur
Het jy bestuur van jou lewe al oorgegee? Dit vorm die basis van lewensgeluk. Daarsonder dobber ʼn mens op die oseaan soos ʼn onbemande bootjie.
Gemeenskap in rou na jong ma sterf
“Soos sy nou is, was sy vir ons op aarde. ʼn Engel.”
25 invloedrykste mense op die internet aangewys
Harry en Meghan, Ariana Grande, Donald Trump en Cardi B is almal deur die bekende Amerikaanse saketydskrif Time Magazine as van die invloedrykste mense op die internet aangewys.
Zondo-kommissie verdaag ná Zuma dreig om te onttrek
Sikhakhane het vroeër vandag gesê Zuma moet besluit of hy wil voortgaan met sy getuienis.
Die wêreld in foto’s – 17 Julie 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Etzebeth sal Bokke teen Wallabies lei
Frans Steyn en Marcell Coetzee is op die bank
Anel Alexander gesels uit VSA oor ‘Semi-Soet 2’
Alexander verklap onder meer dat hulle tans op soek is na ʼn vakansieoord waar die grootste gedeelte van die fliek geskiet gaan word.
Personeel en gaste by luukse hotel aangehou, beroof
Twee van die verdagtes het die wag se slaanstok en handradio van hom afgeneem en by hom gebly terwyl die res van die groep die hotel binnegegaan het.
Akteurs sleep SAUK hof toe
Volgens die veteraanakteur het die SAUK vir 20 jaar beëdigde verklarings van akteurs aanvaar oor hulle oorspronklike vergoeding, omdat die uitsaaier self – al is dit sy verantwoordelikheid – nie die kontrakte en besonderhede bygehou het nie.
‘Game of Thrones’ neem voortou by Emmy-nominasies
Kit Harington (Jon Snow) het ʼn nominasie as beste akteur in ʼn hoofrol losgeslaan en Emilia Clarke (Daenerys Targaryen) is as beste aktrise in ʼn hoofrol genomineer.
Getuienisleier vies oor beperkte ondervraging van Zuma
“Ek het nie ʼn probleem om vrae af te handel en na die volgende getuienis aan te beweeg nie. Waarmee ek wél ʼn probleem het, is die kommerwekkende manier waarop beheer uitgeoefen word oor watter regspan vrae aan mnr. Zuma stel.”
Klein spasie, 50 vreemdelinge en groot geld
Hoe lank sal jy kan uithou om ’n tweeslaapkamerhuis – toegerus met kos, toiletware en beddegoed vir net twee mense – met 49 vreemdelinge te deel?
Baaise betogers warm onder die kraag oor bendes
“As die gemeenskap nie optree nie, sit die polisie bloot terug en wag vir iemand om dood te gaan.”
SA waterpolospan speel gelykop teen Nieu-Seeland
“Ons is baie tevrede met die gelykopuitslag nadat ons vroeër ver teen hulle verloor het.”
Alle aanklagte teen Booysen en kie laat vaar
Booysen, wat in Februarie verlede jaar uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens getree het, en ander speurders in sy eenheid is daarvan beskuldig dat hulle by die sogenaamde Cato Manor-moordbende betrokke was.