Die welvaart van woonbuurte en strate word bepaal deur na die gemiddelde prys per vierkante meter (m²) van eiendom in die buurt of straat te kyk.
Alles vir Woensdag 17 Julie 2019
Foto’s: ‘Lewensgrootte goggas’ binnekort in Pretoria
Dié gewilde opvoedkundige insek-uitstalling word vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied.
Video: SA Jeugkoor doen dit weer!
Nou wag Hollywood se liggies op dié ambisieuse groep.
SA Nasionale Weermag bykans ten gronde
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is byna by omdraai verby op die pad om ten gronde te gaan, het die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die hoof van die SANW, genl. Solly Shoke, vanoggend in die parlement gesê.
Hof beveel KZN om skool by Nkandla te bou
“Helaas gebeur dit al meer dat kinders pionne in ideologiese speletjies word en só van ’n toekoms beroof word.”
Só wil Sisulu water en sanitasie regruk
Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, het verskeie remediërende stappe aangekondig om die skade wat aan die departement aangerig is, te probeer herstel.
Gibbs gaan in Europa afrig
Die voormalige Protea is die hoofbreier van die Rotterdam Rhinos.
Geweld in skole: Hoe beskerm jy jou kind?
Gewelddadige voorvalle by skole is toenemend in die nuus en dit lyk asof daar geen perke aan die erns van die geweld is wat in skoolgange plaasvind nie.
Reserwebank het genoeg skietgoed om rentekoerse te verlaag
Of ’n marginale rentekoersverlaging van 25 basispunte die binnelandse ekonomie hoegenaamd sal stimuleer is egter ’n ope vraag, aangesien die faktore wat ekonomiese groei aan bande lê, hoogs struktureel van aard is.
Ondersoekspan maak deurbraak ná moord op Vrystaat-egpaar
Dié egpaar se motor is later in modder in die Caledonrivierbedding op pad na Lesotho opgespoor.
Alex dae sonder krag ná substasie brand
“Daar word vermoed dat vandalisme moontlik die oorsaak van die brand kan wees.”
SA ryg medaljes by Wêreld-universiteitspele in
Een van SA se beste vertonings nóg by die Spele.
Weermag nie in Oos-Kaap teen bendes ontplooi
“Die stryd teen misdaad en die uitwissing van bendebedrywighede is ʼn prioriteit vir die provinsiale administrasie.”
18 Matie-studente aan boord SA Agulhas II
Die SA Agulhas II is tans die enigste poolnavorsingskip ter wêreld wat in soveel detail gemonitor word.
Talle droomvakansies, groot bedrae kwyt ná ‘slenter’
Paul Peens het gesê sy wittebrood in die Maldives is by Destiny Holidays bespreek en hy moes inderhaas kort voor sy troue ander reëlings tref toe hy besef het daar is geen bespreking gemaak nie. Hy het meer as R63 000 verloor.
Gedig: Woord en sin
“Al wat myne is is my sinne; in sinne is alle woorde mýne …”
‘Nee’, ‘ek weet nie’ en ‘ek was nie daar nie’, sê Zuma
Oudpres. Jacob Zuma sal Woensdagoggend sy getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping voortsit.
SA treur oor die Wit Zoeloe
“’n Geliefde, inspirerende en heldhaftige stem het stil geword.”
Skoolmeisie vas oor baba in puttoilet
ʼn 13-jarige meisie het op die baba se liggaam in die puttoilet afgekom.
Kiden KD125-V: Beginnerfiets met ’n tikkie nostalgie
My grootste droom is om meer mense op motorfietse te sien. Hoe meer mense ry, hoe groter sal die bewustheid rakende motorfietse wees. Miskien sal die paaie dan ’n veiliger plek wees vir ons mense op twee wiele.