“Mynbou balanseer eintlik in ʼn sekere sin die land se boeke. Tog is die bedryf gespanne en alle aanduidings vir die toekoms is nie bemoedigend nie.”
Alles vir Donderdag 18 Julie 2019
Dit is Muller-tyd!
Oud-Bok onthou vir Small, Mallet-era en sy gunsteling sentermaat.
Só wil Kaapstad sy strande beskerm
“Sommige inwoners eis die strande of stukke grond voor hulle eiendom op as private gebiede deur óf hulle huise en tuine tot daar uit te brei, swembaddens te sink, óf toegangspaadjies op te rig met ‘geen toegang’-waarskuwingstekens.”
Rudi Claase oor loopbaan en 700 liedjies uit sy pen
Hy is onlangs tydens ʼn spoggeleentheid deur die ATKV vereer met die gesogte Afrikoon-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.
Vroue wil wêreldrekord in pajamas laat spat
Nagenoeg 2 000 vroue van regoor die land word benodig om binnekort ’n wêreldrekord te laat spat vir die meeste vroue wat gelyktydig in hul nagklere gaan fliek. Jy kan deel wees van dié geleentheid!
Twee Uniondale-boere vas ná skietery
Die polisie het tydens die inhegtenisnemings ook op drie vuurwapens beslag gelê.
Belastingseisoen: Beskerm jouself só teen kubermisdaad
Die belastingseisoen is hier en terwyl duisende belastingbetalers elke dag hul belastingopgawes indien, is kubermisdadigers besig met allerhande truuks om niksvermoedende belastingbetalers in hul strik te laat trap.
Die president se ekonomiese A-span
In die binnekringe van die ANC word gegons dat president Cyril Ramaphosa ʼn gedugte ekonomiese span om homself vergader het.
Vrou wat sportklub uit miljoene swendel, terug agter tralies
Die skema het ineengestort toe Potgieter net meer as R4 miljoen van dié geld in haar persoonlike bankrekening inbetaal het.
‘Geen vordering’ in sake van dierewreedheid teen weermag
Die NDBV sê SAASIC verontagsaam die land se regstelsel en het geen berou oor die wreedheid wat by sy Potchefstroom-basis plaasgevind het nie.
2 sterf toe motorfiets, motor bots
Paramedici het ’n motorfietsryer aangetref waar hy ’n ent van sy motorfiets gelê het.
Sakeliga KragDag 2019: Só lyk ‘Raadsaal’-program
ʼn KragDag-aktiwiteit wat elke jaar groot belangstelling wek, is die Raadsaalprogram. Hoëprofiel kundiges neem op uitnodiging deel aan aanbiedings en paneelbesprekings, en besin en debatteer aktuele sake en onderwerpe van die dag.
Nuuskommentaar: Hou ‘slim’ gekke en dwase hul lywe ook ‘dom’ base?
Ná waarskynlik al digby “hundred and eleventy million” bewyse en getuienis (wat aan kruisondervraging onderwerp is), verskeie onthullende boeke en die Guptas in die buiteland, weet oudpres. Jacob Zuma niks van enige staatskaping nie.
Protea-netbalspan in halfeindstryd
ʼn Groot beloning wag intussen op elke speler indien hulle die finaal kan haal.
Politieke partye kasty Ramaphosa oor plaasmoord-swye
Die nasionale leiers van die DA, VF Plus en ACDP het elkeen Woensdag in hul parlementêre toesprake oor die presidensie se begrotingspos vir pres. Cyril Ramaphosa gekasty oor sy ontkenning van plaasmoorde en sy gebrek aan meelewing met plaasmoord-slagoffers.
Lesersbrief: Saam kan ons plaasaanvalle oorwin
Net so moet elkeen van ons die boere steun waar ons kan en wys dat hulle nie alleen staan in hierdie stryd nie. Saam is ons sterker!
108 honde uit haglike omstandighede verwyder
“Dit was ʼn verskriklike en ontstellende toneel om te sien.”
Ouers hof toe om kleuter se dood te voorkom
Die ouers van ʼn vyfjarige dogtertjie wat tans in ʼn koma in ʼn hospitaal in Londen lê, het hulle na die hof gewend om te voorkom dat die masjiene afgeskakel word wat hul kind tans aan die lewe hou.
Vrou sterf ná rowers op motor losbrand
“By hul aankoms het hulle ʼn voertuig in die middel van die straat aangetref met koeëlgate deur die voorruit.”
Langtermynoplossings nodig vir immigrasiekrisis
Terwyl beter grensbeheer en meer effektiewe immigrasiestelsels nodig is, sal ’n meer omvattende internasionale oplossing vir die krisis gevind moet word. Beter regering en ekonomiese ontwikkeling is in arm lande nodig en die Weste sal daarmee moet help, skryf Jaco Kleyhans.