Deur die parlement te mislei, het die president ook die Grondwet geskend, het die openbare beskermer bevind.
Alles vir Vrydag 19 Julie 2019
Donald word in krieket se heldesaal vereer
Wanneer Kepler Wessels of Hansie Cronjé die gang van die wedstryd wou verander, het hulle die bal in Donald se rigting gegooi. En die “Witblits” het selde teleurgestel.
Jong Springs-vrou in huis vermoor
Volgens die polisie is die verloop van gebeure Woensdagoggend nog baie onduidelik.
Demokrate vertrap mekaar op die lawaaiwa
Met ’n bloeiende ekonomie en ’n president wat vooruitgang baan op menige front, het die Demokrate niks nuuts om by te voeg nie, behalwe ’n anti-Trump-haatagenda, identiteitspolitiek en ’n tamaai dosis selfgeregtigdheid, skryf Rhoda Kadalie uit die VSA.
FaceApp: Is jou private inligting veilig?
FaceApp het behoorlik Facebook, Twitter en ander sosialemediaplatforms met mening getref en blykbaar kan min gebruikers die versoeking weerstaan om te loer hoe hulle gaan lyk as hul eendag oud is. Maar hoe veilig is die app regtig?
Frittelli lei SA aanslag by Britse Ope
Oosthuizen en Els is tans in die 42ste plek.
‘Rower’ dood ná skietery by Centurion Mall
Nog ‘n vermeende rower het buite die sentrum ʼn voertuig probeer kaap, maar is op die perseel in hegtenis geneem.
Aussies wag vir Proteas in netbalhalfeindstryd
Meisies baklei goed teen Engelse terug, maar ly eerste nederlaag van WB-toernooi.
Nóg ʼn veteraan-aktrise verlaat die Laan
“Soos met menigte televisiereekse gebeur dit gereeld dat ʼn karakter se reis bloot tot ʼn einde kom.”
Resep-video: Wakkerword-wenner
Spek, eiers en kaas, maar veel anders as wat jy dit al ooit voorheen gemaak het!
Nuuskommentaar: Ramaphosa veroordeel plaasmoorde
Pres. Cyril Ramaphosa het oplaas plaasmoorde veroordeel nadat hy tot baie onlangs nog geweier het en dié taak gedelegeer het. Hoe lewensvatbaar dié ommeswaai in die ANC sal wees, sal nog gesien moet word. Die ANC het immers volstrek geweier om ’n adjunkminister wat in die parlement uitgeroep het: “Begraaf hulle [die wit boere] lewend,” hieroor selfs net aan te spreek.
Lente Roode: Vir die liefde van diere
Lente Roode is sekerlik een van die bekendste name in dierebewaringskringe, maar sê dié lewe was nooit deel van haar planne nie. “Dit het net oor my pad gekom. En ek is slegs ʼn instrument in die Here se hande.”
Wen: Pieter-Dirk Uys en Tannie Evita deel ’n verhoog
As daar een ding is wat die formidabele Tannie Evita Bezuidenhout vir Suid-Afrikaners oor die afgelope 40 jaar geleer het, is dit dat ʼn mens ook maar ʼn bietjie plesier uit die aktuele politiek mag put.
Video: So lyk die loopbane van die toekoms
Hoe berei ʼn mens jouself en jou kinders voor op hierdie snelveranderende wêreld? Mia Slabbert, ʼn joernalis van Solidariteit, het met Pieter Geldenhuys, ʼn internasionaal bekende toekomskundige en die direkteur van die Instituut vir Tegnologie, Strategie en Innovasie, hieroor gesels.
Handwerk: Sit mooi
Dié maklike projek wys jou hoe om ʼn ou stoeltjie ʼn sjiek nuwe voorkoms te gee.
ʼn Terugblik op Operasie Valkyrie
Op 20 Julie 1944, presies 75 jaar gelede, is daar ’n sluipmoordaanval op Adolf Hitler uitgevoer. Pierre Massyn belig hierdie aanslag op die Nazi-diktator se lewe.
Ou vriendskap wek kommer
Die samewerking van die ou vriende Ramaphosa en Meyer, spel dus nie noodgedwonge iets goeds uit nie, want Meyer gaan uiteindelik maar weer die ANC se beleid vir hulle uitvoer, tot nadeel van landbou en die land.
EFF sal betoog wanneer Gordhan, OB hof toe gaan
“Kom ons gaan na die strate toe en as jy ʼn geveg wil hê, gaan jy dit kry. Ons is nie bang nie.”
Leerder glo geskiet tydens ‘chaotiese’ betoging
Daar word beweer dat nog ʼn leerder in die harwar met ʼn mes gesteek is.
‘Spoorwegdiewe’ twee keer op selfde plek vasgetrek
Vyf mans sal vandag in die Klerksdorp-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van besit van gesteelde goedere nadat gesteelde spoorwegmateriaal ter waarde van honderde duisende rande in hul besit gevind is.