Virseker is vir die tweede jaar aangewys as die bes presterende produk in die korttermynversekeringsbedryf en is erken vir hul voorsiening van ʼn standvastige en vertrouenswaardige ervaring van verbruikerstevredenheid.
Alles vir Donderdag 25 Julie 2019
Verslag oor grondhervorming dan bekend
Die paneel moes ʼn uiteensetting gee oor grondbeleid gesien in die lig van voortslepende ongelykheid, onbevredigende grond- en landbouhervorming, asook ongelyke stedelike grondontwikkeling.
Dié skrywer weet hoe om jong lesers te laat ril
De Wet Hugo is die skrywer van die Grilgrypersreeks en het onlangs ʼn draai by Maroela Media se ateljee gemaak om te kom gesels oor sy rillerboeke vir jong tieners.
Boek van die maand: ‘Die verevrou’ deur Jan van Tonder
Sonder twyfel is Van Tonder ʼn knap wewer van stories. Oor die vaardighede beskik hy; sy belewing van die omstandighede en plekke waaroor hy skryf is só eerstehands dat ʼn mens nie eens van navorsing sou wou praat nie, en die gegewe wat hy as verhaallyn(e) gebruik is eweneens aangrypend.
Grootste CrossFit-veld nog, máár…
“Ek is seker daar is baie atlete wat ver sal reis net om aan een item deel te neem.”
Die Koöperasie: Maklikste manier om Afrikaanse geskenke te koop
Om geskenke te koop is iets wat soms meer moeite is as wat dit behoort te wees. Jy wonder wat jy gaan koop en of die persoon daarvan gaan hou. Maroela Media het die ideale oplossing!
10 lede van 2 gesinne sterf in huisbrande
Altesaam tien mense het Donderdag in die vroeë oggendure in huisbrande in twee provinsies gesterf.
Hulde gebring aan chirurg wat in botsing sterf
“Hy was baie gewild onder sy kollegas en pasiënte asook die personeel en bestuur van die Netcare Unitas-hospitaal waar hy 20 jaar lank gepraktiseer het.”
Foto’s: Parys braai, Londen kook weens hoë temperature
Klimaatswetenskaplikes waarsku dié temperature kan die nuwe standaard word.
Klerewinkel stuur dieetstafies saam met bestellings
Forever 21 is skerp veroordeel vir die dieetstafies wat saam met aanlyn bestellings verskeep is, insluitend plusgrootte bestellings.
Cintaine Schutte: Dapper, doenig en dankbaar
Wanneer jy met Cintaine Schutte praat, kan jy duidelik haar teaterhart hoor klop. As die verhoogligte aangaan en die gordyn lig, is sy waar sy hoort.
Le Clos prys Hongaarse tiener
Hy is net deksels vinniger as ons ander.”
Zuma, ANC reageer op Hanekom se ‘sameswering’
Oudpres. Jacob Zuma het vroeër Donderdagoggend in ʼn twiet gesê hy is glad nie verbaas oor Julius Malema se onthullings rakende Derek Hanekom nie.
Penny Sparrow sterf
Sparrow, wat aan naamskending skuldig bevind is nadat sy op Facebook na swart strandgangers as ape verwys het, is vanoggend omstreeks 05:00 dood.
Werktuigkundige gevonnis oor kinderporno
Johannes Deysel is in die Worcester-streekhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van die onwettige besit, vervaardiging en invoer of verkryging van kinderpornografie.
BoobaLoo-babaprodukte-ekspo binnekort in Kaapstad
Dié gewilde ekspo was tot dusver nog net in Pretoria aangebied. Vanaf 2 – 4 Augustus 2019 kan nuwe ouers egter by die GrandWest Casino in Kaapstad kom aanklop by kenners en verskeie werkswinkels bywoon.
Opedae dán oor nuwe Addo-olifantpark-marienegebied
Die beplanning vir sommige van die gebiede het reeds in 2006 begin, soos in die geval van die Addo-olifantpark-marienegebied.
Man sterf ná voorval in hof
Die man het later in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk.
Jy kan SA vs. Nieu-Seeland aanlyn kyk
Kyk hierdie naweek die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks regstreeks aanlyn wanneer dié twee spanne mekaar die stryd aansê in Wellington.
Suid-Afrika het nóg ’n Engelse toetsspeler
Intussen kan Kolpak-kontrakte binnekort iets van die verlede wees.