Soos die Bokke het die All Blacks ook verskeie van hulle sleutelspelers laat rus nadat hulle verlede week naelskraap teen Argentinië gewen het.
Alles vir Vrydag 26 Julie 2019
Verpleër vas ná moord op 4-jarige
“Haar liggaam is gevind nadat beamptes Woensdag van haar klere in ʼn straat naby haar ouerhuis gevind het.”
Treine loop ten spyte van staking
Tot dusver is geen voorvalle aangemeld nie.
Video: Slakke mik vir goud tydens slakresies
“Agteros kom ook in die kraal”, maar in dié resies is al die slakke ʼn paar agterosse!
Boesemmaats het SA gaande: ‘Ek glo dit is uit die Here se hand’
“My kinders sien regtig nie kleur nie. Ons is so lief vir hulle en hulle is lief vir ons. As jy weet hoe lief die Here jou het en jy kan al daardie liefde in jou hart toelaat, dan loop dit oor en vloei outomaties uit na almal om jou.”
Nuwe rekord vir SA se Tatjana
Suid-Afrika se Tatjana Schoenmaker het ʼn nuwe Afrika-rekord opgestel by die Wêreldbyeenkoms in Suid-Korea.
Markus Jooste as lid van Saica geskors
Saica het ook Jooste se regspan daarop gewys dat hul kliënt nie die tugondersoek wat hulle teen hom gaan instel, kan vermy deur bloot sy bedanking in te dien nie.
Nuuskommentaar: Onvrede in die landbou
Die regering se planne vir grondgryp sonder vergoeding het gister in die parlement weer ’n stewige hupstoot gekry. Steeds word die indruk gewek dat die regering geen begrip het van die regsimplikasies en ekonomiese gevolge van die planne wat nou gesmee word nie.
Verbruikersake: Wanneer jy ’n kontrak teken
Jy het regte wanneer jy kontrakte teken, maar voorkoming is mos beter as genesing. Dit is baie beter om te dink voordat jy doen as om agterna te sukkel om die kontrak gekanselleer te kry. Ina Opperman het gaan kyk hoe die Wet op Verbruikersbeskerming jou kan help.
Video: Stella vind genesing deur musiek
“Toe ons die liedjie geskryf het, kon ek terugdink aan die tyd toe my pa verongeluk het. Ek onthou hoe leeg en seer daardie tyd was en ek is bly ek kon iets skryf om dit te verwoord.”
Partye haaks oor begroting vir Zoeloe-koning
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het die regering se besluit om voort te gaan met finansiële ondersteuning vir Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloes, verdedig ondanks die bedenkinge van sommige politieke partye.
Vyf polisielede vas oor ‘beplande transitoroof, ontvoering’
Vyf polisiebeamptes is in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem vir beweerde betrokkenheid by ernstige misdaadvoorvalle.
Betogers wil Tshwane-metro op knieë bring oor verhoging
Werknemers van die Tshwane-metro het beloof om hul betoging voort te sit en die land se administratiewe hoofstad op sy knieë te bring indien daar nie ʼn verhoging van 18% vir alle werknemers aangekondig word nie.
Moenie ’n amp na die beeld van ’n individu skep nie
Dus is die magte van die Openbare Beskermer verder versterk en uitgeberei met Madonsela in almal se agterkop.
Gedagte vir die dag: Dink aan sy magtige dade
Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel. (Psalm 105:4-5)