Dié gereg is lekker vir enige tyd van die dag.
Alles vir Maandag 29 Julie 2019
Só staan sake nou vir brandstofpryse
“Enigiets wat die olieprys laat opskiet of die rand verswak het die potensiaal om skerp stygings in brandstofpryse te veroorsaak.”
EFF wil hoogste hof toe oor OB-uitspraak
“Dit is omdat ons besef het hoe sigbaar geïrriteerd regter Sulet Potterill was met swart regsverteenwoordigers wat geargumenteer het teen die eksklusief wit regsverteenwoordigers van [Pravin] Gordhan, Ramaphosa en almal wat vir die hofbevel gevra het,” het EFF-woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi in ʼn verklaring gesê.
Betogers bring Pta-middestad tot stilstand
Talle paaie in die Pretoriase middestad word deur busse versper terwyl nagenoeg 2 000 mense die strate ingevaar het as deel van ʼn betoging deur die Tshwane-metro se busbestuurders oor lone.
Luister: Christiaan Baartman – Selfde passie, nuwe asem
Vroeër vanjaar het Christiaan Baartman die beoordelaars van The Voice SA met sy weergawe van “Tennessee Whiskey” tydens sy blinde oudisie oorrompel. Maar dié rasperstem-musikant wil nou fokus om deur sy liedjies sy hart met Suid-Afrika te deel.
83-jarige speel blommemeisie
Sommige blommemeisies is skaars twee jaar oud en gewoonlik is hulle tussen ses en sewe jaar oud, maar by dié troue was die meisie, wat die blomme in die gangetjie gestrooi het, 83 jaar jonk.
Kwagga têkkel die meeste in Wellington
Kyk hier na die statistiek van Saterdag se toets.
Video: Dowe baristas beïndruk by koffie-ekspo
Dié kompetisie is die eerste van sy soort ter wêreld en is daarop gemik om dowe baristas se vaardighede ten toon te stel.
OB kry wéér bloedneus in die hof
Maandag se hofuitspraak volg nadat die OB verlede week in die Konstitusionele Hof bloedneus gekry het.
Video: Dirk se nuwe liedjie ‘stout maar ook soet’
Die musiekvideo van “Lusmakertjie” is op die stel van die bekende kykNET-sepie Getroud met rugby geskiet, en van dié sepie se akteurs is ook daarin te sien.
Hoop vervaag ná SA man se ontvoering in Burkina Faso
“Ek gee nie om hoe hy huis toe kom nie. Kóm net.”
Padwoede-voorval: ‘Hulle het net aangehou en aangehou’
“Hulle het vir my broer en skoonsuster gesê hulle gaan hulle doodmaak en in die dam gooi.”
SA’ner wil met branderplank deur Olimpiese waters klief
“Om as die eerste Suid-Afrikaner bekend te staan wat op sy branderplank by die Olimpiese Spele in aksie sal wees, sal vir my ’n groot eer wees.”
Vandag se sportnuus
Twee-en-twintigjarige wen Tour de France.
Nuuskommentaar: Politieke korrektheid – geroeste draad wat korrupte en gekaapte SA, ANC “aanmekaar hou”?
Kan politieke korrektheid in Suid-Afrika werklik so invloedryk wees dat dit as die geroeste draad beskou kan word wat maak dat soveel ernstige probleme, byvoorbeeld staatskaping, met soveel moeite onder die knie gekry word?
Talle vas tydens operasies in PE
Die teenbende-eenheid in die Nelson Mandelabaai-metro het die naweek minstens 16 verdagtes in hegtenis geneem vir ernstige misdade.
Tour de France: Vreugdevure brand hoog in Colombia
Die rekordboeke in vanjaar se Tour de France is Sondagaand in Parys herskryf.
Opposisiepartye verwerp verslag oor grond
Die DA en VF Plus het die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se verslag wat Sondag openbaar gemaak is, verwerp.
Xander Bylsma vandag verder kruisondervra
Bylsma word van die moord op sy eksmeisie, Sharnelle Hough (17), en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), aangekla.
Swart en wit rassisme vandag
Dit is egter nodig dat ons ’n eerlike gesprek moet voer oor rassisme en wat dit in hierdie land behels, want in hierdie stadium is dié debat en verskynsel ontsaglik eensydig en dubbele standaarde gedy. Dit is, helaas, al vir ’n wyle die geval.