ʼn Nege meter lange boggelrugwalvis, wat verstrengel geraak het, is Maandag by Kowieriviermond in Port Alfred in die Oos-Kaap gered.
Lees meerAlles vir Maandag 5 Augustus 2019
Oud-SAUK-hoës weier om met kommissie saam te werk
Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, en sy voormalige nuushoofde Simon Tebele en Jimi Matthews, het geweier om hul kant van die saak te stel tydens ʼn ondersoek wat redaksionele inmenging by die openbare uitsaaier ondersoek.
ToekomsVenster: Daar ís hoop
Die belangrikste gawe wat ons aan mense kan gee is hoop.
Hof hoor Malema het verslaggewers geïntimideer
Die gelykheidshofsitting in die Pretoriase hooggeregshof het gehoor Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het na bewering vrees aangewakker by verslaggewers en dit het daartoe gelei dat hulle nie hul werk behoorlik gedoen het nie.
MRK maak skikkingsvoorstel aan Catzavelos oor k-woord
Die Menseregtekommissie het ʼn skikkingsooreenkoms aan Adam Catzavelos aangebied.
Verkeershoof het dalk saam aan moord beplan
ʼn Bestuurder by die verkeersdepartement van die Port St Johns- plaaslike munisipaliteit in die Oos-Kaap het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om moord te pleeg.
Oudwerker ontken skuld ná moord op Human-egpaar
Hy het met die aanvang van die saak skuld ontken op die hoofklagtes, maar het verskeie erkennings by wyse van ‘n beëdigde verklaring ingedien.
Eskom-verhogings kan R300 miljoen beloop
Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê hy is besorg oor Eskom-bestuurders se eise vir verhogings en ʼn beweerde waarskuwing van ʼn staking en beurtkrag.
Ramaphosa voor grootste toets tot dusver
Pres. Cyril Ramaphosa staan voor die grootste toets van sy presidentskap ná die onthullings oor sy kennis aangaande die skenkings vir sy suksesvolle CR17-veldtog om in 2017 tot leier van die ANC verkies te word.
Goeie nuus vir Gautengers ná waterpyp bars
Die herstelwerk aan die groot waterpyp wat die afgelope naweek gebars en talle woonbuurte in Gauteng sonder water gelaat het, is uiteindelik voltooi.
‘Bands for Bricks 2’ is op pad
“Die droom leef nog. Bands for Bricks 2 is op pad!”
Die wêreld in foto’s – 5 Augustus 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Video: Noodlottige transitoroof op kamera vasgevang
Die noodlottige transitorooftog by ʼn vulstasie in Middelburg, is op kringtelevisiekamera vasgevang.
Tekenprent: Amerika in rou
Minstens 125 mense is reeds vanjaar in massaskietvoorvalle in die VSA dood.
Karkasse van 25 honde en ʼn kat in veld gevind
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Rustenburg het Sondagmiddag ʼn gru-ontdekking gemaak toe hulle na ʼn veld buite dié dorp ontbied is. WAARSKUWING: Van die foto’s in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Sy liefde vir Adoons lei tot Boggom-manewales
“Ek het baie beslis my sin vir humor by my dierbare ma geërf. Die grootste les wat ek by haar geleer het, was om mense rondom jou se lewe op te vrolik. Hopelik doen ek juis dit deur middel van my skrywes, uitlatings, en spitsvondigheid.”
Voortrekker: probleem-olifant of slagoffer?
Die stof het nog nie gaan lê oor ʼn “rondloperolifant” genaamd Voortrekker wat in my geboorteland Namibië geskiet is nie, skryf Pierre Massyn. Hy het die saak onder die loep geneem.
‘Kyalami 9 Hour’ keer terug
Na ʼn 37 jaar lange rustydperk is dié wêreldberoemde wedren terug!
‘Dis ʼn groot eer’, sê Arina oor wêreldrekord
Arina Nicolaisen, ’n matriekleerder aan die Hoër Meisieskool Oranje, sê sy wou soos ’n klein kind op en af spring van vreugde toe sy hoor sy het pas ’n wêreldrekord agter haar naam geskryf.
Soektog na vermiste vrou begin
Meghan Cremer (30) het Saterdag spoorloos verdwyn nadat sy haar huis in Philippi verlaat het.