Die Boere het geen idee gehad wie die jong Engelsman in burgerlike drag was wat hulle daardie oggend tussen die swetterjoel Kakies naby Estcourt vasgetrap het nie. As die onbekende “burgerlike” in uniform was, kon ’n Mauserkoeël sy lewe straks net daar kortgeknip het en dan sou die geskiedenis ’n heel ander verloop geneem het.
Alles vir Vrydag 16 Augustus 2019
Drie van ‘renosterhoring-sindikaat’ vas
Die Valke het drie verdagtes wat glo die baasbreine agter ʼn beweerde renosterhoring-sindikaat is, in Gauteng in hegtenis geneem.
Polisiebeampte doodgery toe hy van kollegas vlug
ʼn Speurder-sersant is deur ʼn vragmotor doodgery nadat hy glo van lede van die polisie se teenkorrupsie-eenheid gevlug het toe hulle hom in hegtenis wou neem.
Zephany: ‘Wat sy gedoen het, was verkeerd, maar…’
“Die media laat dit net klink of ek hierdie aaklige persoon is, dat ek hulle nooit ʼn kans gegee het nie…”
DA ondersoek beweerde skenking aan Dlamini-Zuma
Die DA het onderneem om alles in sy vermoë te doen om agter die kap van die byl te kom van bewerings dat R55 miljoen van Bloemfontein se belastingbetalersgeld aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se veldtog om in 2017 leier van die ANC te word, geskenk is.
Gedagte vir die dag: Onkruid van twyfel
Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? (Numeri 14:11)