Baie eksperimente, maar die verdediging en S’bu is die regte antwoorde.
Lees meerAlles vir Saterdag 17 Augustus 2019
Hier is die vriendelikste stede in die wêreld
Een van Suid-Afrika se stede het ook die lys gehaal.
Twee sterf in vliegtuigongeluk by Hartbeespoortdam
Twee mans is dood toe ʼn klein vliegtuig naby Hartbeespoortdam in Noordwes neergestort het.
Miljardêr-seksoortreder het wel selfmoord gepleeg
Die hoofpatoloog het bevestig Jerrey Epstein het wel sy eie lewe geneem ná hy dood aangetref is in sy tronksel.
Vyf dood in trompop botsing in Oos-Kaap
Die ongeluk het skaars ʼn kilometer van die Ugie-polisiestasie plaasgevind.
Man van skip gered toe steierwerk meegee
ʼn 55-jarige man van Kaapstad, wat in ʼn harnas tussen ʼn skip en die see vasgekeer was toe steierwerk meegegee het, is Vrydag deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gered.
Vliegtuig doen noodlanding op snelweg
Motoriste op ʼn besige snelweg in Kroasië was Saterdag verstom toe ʼn klein vliegtuig skielik ʼn noodlanding op die pad gemaak het.
Akteur Peter Fonda oorlede
Hy was die broer van die aktrise Jane Fonda.
Outa wil Aarto-wysigingswet daag
Outa is onder andere besorg dat die nuwe wetgewing gebruik sal word om Gauteng-motoriste te dwing om e-tol te betaal – deur dit ʼn oortreding te maak om padtekens te ignoreer, wat borde insluit waarop e-tolkoste aangedui word.
All Blacks skakel oor na hoër rat teen Wallabies
Daar is min dinge gevaarliker as ʼn gewonde dier. Dit het die Wallabies Saterdag op Edenpark in Auckland tot hul spyt agtergekom toe hulle deur die All Blacks in die tweede Bledisloe-rugbytoets verniel is.
Nuwe kaptein vol moed om Argentinië te pak
Schalk Brits (38) sal vandag as die nuwe kaptein die Springbokke lei in die toets teen Argentinië op Loftus Versfeld.
IVP-raadslid in KZN doodgeskiet
ʼn Raadslid van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) is Vrydagaand in Estcourt in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Twee sterf toe boot omslaan
Twee persone is Vrydag dood toe hul boot by Kowieriviermond naby Port Alfred in die Oos-Kaap omgeslaan het.
Oom Jakkie pak die langpad vir die Voortrekkers
Oom Jakkie van der Colff (77) het Saterdag uit Pretoria met sy fiets vertrek na die Taalmonument in die Paarl. Hy gaan in die komende maand sowat 2 700 km aflê om die Voortrekkers as jeugbeweging groter en wyer bekend te stel.
Life Esidimeni: NRO’s moet opdok, sê SOE
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Vrydag aangekondig dat hy stappe sal doen om ʼn hooggeregshofbevel uit te voer teen ʼn ongelisensieerde NRO wat meer as R660 000 ontvang het toe psigiatriese pasiënte van die Life Esidimeni-sentrum na NRO’s oorgeplaas is.
Kleuterskoolmishandelingsaak na streekhof verwys
Die skokkende video van die mishandeling het in April opslae gemaak.
TLU SA wil hawelose boere bystaan
TLU SA het die Plaashuiseregister bekendgestel om boere, wat in nood verkeer, by te staan met verblyf.
Marikana-koppie glo deel van grondeis
ʼn Grondeis is ingestel vir die stuk grond in Marikana, naby Rustenburg, waar 34 mynwerkers sewe jaar gelede dood is, het een van die eisers Vrydag gesê.
Chemiese brand laat Durban inwoners paniekerig, kort van asem
ʼn Brand wat Vrydagmiddag laat by ʼn fabriek in Durban uitgebreek het, het inwoners laat hoes en hulle kort van asem gelaat, aldus lede van die gemeenskap.
Drie van ‘renosterhoring-sindikaat’ in hof
Drie verdagtes, wat glo die baasbreine agter ʼn beweerde renosterhoring-sindikaat is, het Vrydag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.