Gerard de Boer (45), ʼn bekende sakeman in Bethlehem in die Vrystaat, is Saterdag dood aangetref by sy onderneming.
Lees meerAlles vir Sondag 18 Augustus 2019
SAOG wil minder steun op buitelandse fondse
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) wil voortaan minder steun op finansiering van ander lande, het die nuwe hoof van die organisasie Sondag gesê ná ʼn twee dag lange beraad in Dar es Salaam, Tanzanië.
Foto’s: Nege sterf in gru-ongeluk in Jhb
Minstens nege persone is Sondagmiddag dood in ʼn gru-ongeluk op die N1 naby die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg.
Haaie weer Leeus se baas op Ellispark
Durban-manne klop Johannesburgers met twee punte op hul tuisveld.
DA verwelkom betaling deur Esidimeni-NRO’s
Die DA is egter besorg oor die stadige vordering wat gemaak word om diegene, wie se kriminele nalatigheid tot die afsterwe van 144 psigiatriese pasiënte gelei het, aan te kla.
Groot verkeersknoop toe vragmotor op snelweg omslaan
Die verkeer na Kaapstad is Sondag naby die R304-Klipheuwel-afrit ontwrig ná ʼn vragmotor op die N1-snelweg omgeslaan het.
N1 in Vrystaat gesluit toe vragmotor omslaan
Die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat is reeds sedert 07:00 Sondagoggend gesluit ná ʼn vragmotor op die pad omgeslaan het.
Ses vas oor huisroof op plaas in Malmesbury
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in Malmesbury in die Wes-Kaap, danksy vinnige reaksie van polisiebeamptes.
Polisiebeampte vas ná teenbendelid doodgeskiet is
Sers. David Hoffman, ʼn 40-jarige beampte van die teenbende-eenheid van die polisie, is Saterdagaand in Franschhoek in die Wes-Kaap doodgeskiet. Hy was nie aan diens toe hy geskiet is nie.
Durbaniete weier dat aanleg weer oopmaak ná gaslekkasie
Inwoners van ʼn nywerheidsgebied in die suide van Durban weier dat ʼn chemiese fabriek weer sy deure oopmaak ná skadelike gasse in die gebied vrygelaat is wat hulle met asemhalingsprobleme, hoofpyn en ʼn veluitslag gelaat het.
Sesjarige verdrink in PMB-rivier
ʼn Sesjarige seun het Saterdag in ʼn rivier in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verdrink.
Ottoshoop-polisiestasie kan nie gemeenskap dien nie
Die gemeenskap van Ottoshoop, Maruping en minstens 54 plase is gevolglik grootliks afhanklik van die landelike patrollie-eenhede wat deur boere gekoördineer word.
Winkeleienaar en assistent keer vermeende dief aan
ʼn Dapper winkeleienaar en sy assistent het ʼn verdagte in Port Elizabeth aangekeer wat ʼn vuurwapen op hulle gerig en geld geëis het.
Die Poublou laat WP harde bene kou
Griekwas en Cheetahs het hul wedstryde gewen.
Minstens 63 dood by Kaboel-troue
Minstens 63 persone is dood tydens ʼn ontploffing by ʼn troue in Kaboel, Afghanistan. Owerhede het bepaal dit was ʼn selfmoordbomaanval.
NGV ʼn poging om gesondheidsorg te nasionaliseer, sê DA
“Die debat moet die ANC-regering se bestuurstekortkominge en sy neiging om die staatskas om elke hoek en draai te plunder, in ag neem.”
Twee op Limpopo-plaas vermoor
Die polisie in Limpopo stel ondersoek in ná twee persone, ‘n boer en sy plaaswerker, op ʼn plaas in Radium, Bela-Bela (Warmbad) vermoor is.
Brand breek uit by Mpuma-polisiestasie
ʼn Deel van die Acornhoek-polisiestasie is beskadig ná ʼn brand by die polisiestasie uitgebreek het.
Gedagte vir die dag: Onuitputlike goedertierenheid
Wees my genadig, o God. (Psalm 51:3)