“Hy het in ’n slapende posisie gelê met sy handjies gevou.”
Alles vir Woensdag 21 Augustus 2019
Moord uitgeskakel ná sakeman se dood
De Boer, ʼn bekende sakeman van Bethlehem in die Vrystaat, is Saterdag dood aangetref by sy onderneming Solomons Mica.
Ou SA vlag is haatspraak, gelas hof
Die gelykheidshof, wat in die hooggeregshof in Johannesburg sit, het Woensdag beslis die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag kom in ʼn sekere konteks op haatspraak neer.
Die wêreld in foto’s – 21 Augustus 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Strandvlugbal-duo na halfeindstryd van Afrikaspele
Goldschmidt en Williams kom volgende teen Marokko te staan.
Wapentransaksie: Hof stel bevindinge ter syde
Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag die bevindinge van die Seriti-kommissie se verslag na die sogenaamde multimiljoenrand-wapenskandaal ter syde gestel.
Skool skors leerder ná messtekery in Stellenbosch
Die voorval het gedurende klaswisseling plaasgevind.
SA pluimveeboere soek nuwe uitvoermarkte
“Daar is geleenthede vir ons om meer hoender in ander wêrelddele te verkoop, ons eie kapasiteit te verhoog en die pryse vir plaaslike verbruikers te verlaag.”
AfriForum, bekendes klim Kilimanjaro vir behoeftige studente
Agt en sewentig kilometer, ses dae, vier stappers en een gróót berg.
Ondersoek ná man sterf toe hy afgetrek word
“Hy is uit die voertuig gehaal waarna beamptes ʼn ambulans ontbied het.”
Labuschagne wys sy staal in As-toets
Australië se gunsteling-Klerksdorper staan nie terug vir blitsige Archer nie.
Woede ná stropers drie leeus wreed doodmaak
“Dit was grusaam. Brutaal.”
Nuuskommentaar: Trump en Groenland
Dat daar in alle waarskynlikheid dadels gaan kom van pres. Donald Trump se aankondiging dat hy Groenland vir die VSA wil aanskaf, is meer te wyte aan grondwetlike ontwikkelings weens klimaatsverandering as aan ekonomiese realiteite.
Titel bekendgemaak van 25ste Bond-fliek
Die naam van die 25ste James Bond-rolprent is uiteindelik bekendgemaak en 007-aanhangers tel die dae af totdat die rolprent bekendgestel word.
Vandag se sportnuus
Steve Smith sal die derde toets in die Reeks om die As misloop.
Verbruikersake: Leer ʼn les met verbruikersgoedere
Volgens die ombudsman se jaarverslag het verbruikers die meeste gekla oor telekommunikasie (34%), meubelwinkels (10%), toestelhandelaars en -vervaardigers (10%), klerewinkels (8%) en aanlyn inkopies (6%). Ina Opperman het gaan kyk na die lesse wat verbruikers uit die gevallestudies in die jaarverslag kan leer.
Jiba hof toe om parlement te stuit
Adv. Nomgcobo Jiba, voormalige adjunkdirekteur van die Nasionale Vervolgingsgesag, het ʼn dringende hofaansoek gebring om ʼn interdik te kry om ʼn parlementêre proses te stuit.
Inenting is nie debatteerbaar
Die teeninentingsbeweging is veel meer as ʼn gesondheidsrisiko vir mense. Dit spoel oor na dieregesondheid en die skadelike gevolge geld vir sowel diere (veral troeteldiere) as mense.
Polisie soek na vermiste 16-jarige
Die polisie het met Caylee se kêrel in aanraking gekom en hy het aangedui dat hy glad nie weet waar sy is nie en haar ook nie onlangs gesien het nie.
Teenstand teen Aarto is weens ‘misleidende inligting’
Die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer het sy kommer uitgespreek oor die voortgesette teenstand teen Aarto.