Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Donderdag ʼn mosie van wantroue teen hom oorleef ná die ANC die mosie teruggetrek het.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Augustus 2019
Moordverdagte vas toe hy glo taxi wou kaap
ʼn Derde verdagte in die saak van die moord op Karl Reich (82), is Donderdag in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem ná hy glo ʼn taxibestuurder vroegoggend probeer kaap en die bestuurder geskiet het.
Old Mutual se uitvoerende hoof weer afgedank
Old Mutual het Donderdag gesê hy het sy uitvoerende hoof, Peter Moyo, weer afgedank terwyl die finansiëledienstemaatskappy poog om ʼn hofuitspraak tersyde te laat stel wat sy oorspronklike afdanking ongeldig verklaar het.
Vosman-moord: Beskuldigde hoor sy lot
Themba Josiah Thubane (41) sal Vrydag in die rondgaande hof in Middelburg gevonnis word op ʼn reeks aanklagte, waaronder huisbraak, ontvoering en moord.
Ramaphosa ondersteun Die Stem in die volkslied
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag in die parlement sy steun uitgespreek vir die behoud van die deel uit Die Stem in die nasionale volkslied.
Leeuwelpie in Kaapstad-buurt gered
ʼn Leeuwelpie is na ʼn plek van veiligheid geneem ná dit in Athlone, Kaapstad gevind is.
Huise verwoes in brand by St Francisbaai
Minstens agt huise is Donderdag verwoes tydens ʼn veldbrand in St Francisbaai in die Oos-Kaap.
ToekomsVenster: Iemand nooi iemand in ’n verhouding
Het jy al hierdie Iemand, die hoofletter I ontmoet? Hy maak van jou iemand met hoop en verwagting.
Arnold Vosloo oor SA en rol in ‘Griekwastad’
“Wanneer ek in Afrikaans praat is daar nie ʼn filter nie, dit is ingeplant in my en dis deel van my emosies.”
Kabinet vra insette oor NGV
Die kabinet het alle Suid-Afrikaners gevra om insette te gee oor die omstrede nuwe nasionale gesondheidsversekering (NGV) noudat die konsep-raamwerk daarvoor gepubliseer is.
Seuntjie brand erg: ‘Ons kort net gebede’
Logan se gesig het gebrand, asook ook ʼn groot gedeelte van sy regterarm en hand. Daar is ook brandplekke op sy ander arm en een been. Hy word steeds onder sterk verdowing gehou.
Meer brande in Amasone dui op krisis
Die brande wat tans in die Amasone-reënwoude woed het nie net vanjaar met ʼn rekordgetal toegeneem nie, maar word ook uitgewys as die oorsaak van ʼn vreemde weerverskynsel in verskeie streke duisende kilometer weg van dié brande.
‘Grey Kollege is voorste rugbyskool’
Bloemfonteinse skool sluit seisoen onoorwonne af.
Ou vlag verban: Dís waaroor dit eintlik gaan
Ons moenie naïef wees en blindelings aanvaar dat hierdie kwessie oor die een of ander regstegniese dispuut gaan nie. Dit is die uitvoer van ’n totalitêre, Afro-nasionalistiese, ideologiese stryd waarvan die doel is om teenstrydige menings te vernietig en ons almal tot die politieke idees van die regerende elite te konformeer.
Ouers haas na dagsorg oor video’s op sosiale media
Daar kan in die video’s gesien word hoe verskeie personeellede kleuters herhaaldelik oor die kop slaan. Ander word weer met ʼn besem of ʼn mop verjaag.
Gewilde motorskou dié naweek by Kyalami
Dié naweek is dit hemel op aarde vir petrolkoppe! Verskeie vervaardigers sit hul beste voet voor om hul nuwe voertuie ten toon te stel.
Boek van die maand: ‘Die boek van gelukkige eindes’
Debbie Loots weef ʼn verhaal wat heg en pas; sy hou koers met ʼn magdom karakters op tou en sy bou en behou spanning reg deur haar verhale. So bly die leser nuuskierig leidrade volg.
3 studente vas ná protesaksie by Fort Hare
Vyf studente is ook beseer nadat studente en polisiebeamptes buite die universiteit se hoofhek slaags geraak en die polisie met rubberkoeëls op studente geskiet het.
Die wêreld in foto’s – 22 Augustus 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Peperduur landgoed opgeveil om witrenosters te help red
Behalwe vir groot uitbreidingsmoontlikhede as ʼn nasionale en internasionale toerismebestemming, gaan die koper van Mauricedale-natuurlandgoed ook ʼn sleutelrol speel om die toekoms van die ikoniese witrenoster te verseker – ʼn nalatenskap waarop enige natuurliefhebber trots kan wees.