Die beamptes het die vragmotor op ʼn grondpad buite Madikwe opgemerk en versterking ontbied toe hulle besef die vragmotor word deur vier voertuie vergesel.
Lees meerAlles vir Sondag 1 September 2019
SAUK-raad ontken bewerings van ‘interne onmin’
Dit kom nadat ‘n Sondagkoerant berig het drie van die SAUK se topbestuurslede het gedreig om te bedank weens voortdurende inmengery deur lede van die raad.
Trane lê vlak toe Leclerc in België wen
Die emosies het Sondagmiddag op Spa-Francorchamps in België nog baie vlak gelê toe die jong Fransman Charles Leclerc (Ferrari) die Belgiese Formule Een-Grand Prix gewen het.
DA: ‘Publiek moet stem dik maak teen NGV’
Die amptelike opposisie meen die regering se planne sal die land se gesondheidstelsel op “dieselfde verwoestingspad plaas waarop alle staatsinstansies in die land is”.
Gevangene dood ‘in skermutseling met bewaarders’
ʼn Gevangene is dood “in ʼn skermutseling met korrektiewe beamptes” nadat ʼn tronkbewaarder in die nek gesteek is by die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Pasiënte wag maande vir skanderings by Gauteng-staatshospitale
Pasiënte by staatshospitale in Gauteng moet tot nege maande vir MRI-skanderings wag aangesien vier van die agt MRI-masjiene in die provinsie buite werking is.
Tussentydse tesourier by Eskom aangestel
Hy was tot en met sy aanstelling Eskom se hoofekonoom en hoof van portefeuljebestuur en buitelandse valuta- verhandeling.
Video: Pastoor ‘herstel goed’ ná spieshengelongeluk
“God het beslis ʼn wonderbaarlike ding daar gedoen. Ja, alles gaan goed. Ek is besig om te herstel.”
Meer as 400 jaar agter tralies vir reeksverkragter
“Die oomblik toe hy in hegtenis geneem is, het die verkragtings langs die M19 tot ʼn einde gekom.”
Man oorleef ongeluk waarin motorfiets aan die brand slaan
“Volgens inligting op die toneel het die agterband van sy motorfiets gebars wat gelei het tot ʼn ongeluk waarin die motorfiets aan die brand geslaan het.”
SA haai-afskrikkingstegnologie by Réunion getoets
Dit word beskryf as die gevorderdste haaispesifieke afskrikkingstegnologie wat tans beskikbaar is en wat nie haaie of ander mariene diere beseer of dood nie, terwyl dit terselfdertyd branderplankryers en swemmers veilig hou.
Vrou dood buite woonkompleks gevind
“Hy het gedink dit is vreemd dat ʼn vrou alleen in ʼn voertuig daardie tyd van die oggend daar sou sit, en het nader gestap om te hoor of hy kon help. Toe hy sien die vrou toon geen reaksie nie, het hy ʼn ambulansdiens ontbied.”
F2-renjaer sterf in gru-ongeluk
Wrakstukke van albei motors het verspreid oor die renbaan gelê terwyl paramedici hulle gehaas het om so vinnig as moontlik by hulle uit te kom.
Man skiet glo vervreemde vrou in kop
Volgens die polisie is die man (50) en sy vrou (36) besig om te skei, en die vrou het saam met haar suster by die huis aangekom om van haar besittings te gaan haal.
5 dood, 21 gewond in nóg ʼn massaskietery
Die moordtog het tot ʼn einde gekom toe polisiebeamptes die man buite ʼn fliekteater doodgeskiet het.
Gedagte vir die dag: Noudat ek nie daar is nie …
My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! (Filippense 2:12-13)