Marathon-ster maak litte los vir New York.
Alles vir Maandag 2 September 2019
Man vas ná moord op Modimolle-vrou
Trudie Grebe is op 23 Augustus by haar huis in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo vermoor.
Woord: konkoksie
Waar kom ons aan die woord “konkoksie”? Taaltoffie stel ondersoek in
Silwer vir blitsige Simbine
Suid-Afrikaner hardloop 100 m onder 10 sekondes.
Nuuskommentaar: Vrae oor vlae as simbool van eenheid
Met die ou landsvlag nou vir alle praktiese doeleindes vir vertoon as haatspraak verbied, word nie net baie vrae gevra soos onder andere die impak op die Nasionale Vredesakkoord nie, maar of die Gelykheidshof nie juis deur die styl van uitspraak eerder as gevolgtrekking méér verdeeldheid gesaai het, en so ook die nuwe vlag as reënboogvlag, onder verdenking plaas nie. Ironies is daar nou in die verre Friesland ’n soortgelyke debat oor hoe inklusief die Friese se eie vlag is.
41 vas na plundertog in Jhb
Die mure van die gebou het in die brand meegegee en drie mense het in die voorval omgekom. Chaos het daarna uitgebreek.
Bokke gereed vir aksie, maar tog lugtig vir samoerai-gevaar
“Hulle [Japan] het ’n fliek gemaak van hul Brighton-sege vier jaar gelede. Dit is ons werk om toe te sien dat hulle nie ’n opvolgfilm kan vervaardig nie.”
Lesersbrief: Ramaphosa se nuwe kredietwet is net ʼn pleister
Die Bankvereniging van Suid-Afrika (BVSA) se insette en advies oor hierdie verlammende wetgewing is nie eens vir ʼn sekonde in ag geneem nie.
Steeds geen teken van 6-jarige na ontvoering
Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê vier mans het Amy-Lee omstreeks 08:00 by haar ma gegryp, nadat dié haar by die Laerskool Kollegepark gaan aflaai het.
Chaos op talle paaie weens opstande in vragvervoerbedryf
Die M9 was egter tussen Baden Powellrylaan en die N2 gesluit, nadat vragmotorbestuurders sand op die pad uitgegooi het.
Meisie (6) voor laerskool ontvoer
ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur nadat ʼn sesjarige leerling van die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark vanoggend ontvoer is.
Resep: Kaaspoeding
Saam met ingelegde of gestoofde vrugte is dié poeding perfek vir mense wat nie ʼn groot soettand het nie.
Vandag se sportnuus
Novak Djokovic onttrek uit Amerikaanse Ope
Luister: Irene-Louise stel enkelsnit bekend – dag voor baba se geboorte!
“Ek kan nie wag om vir Kelsey in my arms te hou nie, maar ek is nog steeds baie opgewonde vir die toekoms. Ek wil hê sy moet deel wees van alles en ek wil nog steeds optree en musiek uitbring en my drome najaag.”
Polisieman in hof verwag ná skietdood, noodlottige botsing
ʼn Polisiebeampte verbonde aan die Oos-Londense taktiese reaksiepan sal na verwagting vandag in die hof verskyn nadat hy glo sy vriendin, ʼn Suid-Afrikaanse bokskampioen, doodgeskiet en toe in ʼn botsing betrokke was wat die lewens van twee mense geëis het.
Veel meer as net ’n lappieskombers
Hulle sê ’n gegewe perd mag nie in die bek gekyk word nie al is daardie geskenk dan nou bestem vir stof opgaar, skryf Lizma van Zyl.
Dodetal styg in jongste massaskietery
Die oorledenes was tussen 15 en 57 jaar oud.
Aanvalle op vragmotors is ‘ekonomiese sabotasie’
Vier ministers het Sondag vergader oor die vlaag aanvalle op vragmotors op die land se paaie en gesê dit is niks anders as “ekonomiese sabotasie” nie en dat stappe gedoen word om dit hok te slaan.
Gedagte vir die dag: Om goed te eindig
Ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (Filippense 3:13-14)