Die middestad van Kaapstad het vanoggend ontplof in ʼn spontane en nierassige massa-optog van duisende mense wat teen geweld teen én moord op vroue betoog het.
Alles vir Donderdag 5 September 2019
Nóg geweld in Gauteng ondanks meer polisiepatrollies
In KwaThema is ʼn man in hegtenis geneem nadat hy losgebrand het op ʼn skare wat glo ʼn snoepwinkel op sy eiendom wou plunder. Een persoon is doodgeskiet en nog een gewond.
Mej. SA wys haar staal op internasionale loopplank
Tunzi is tans in New York waar sy deel sal wees van die glansryke New York‑modeweek.
Voorgeskrewe bates: Dit is hoe dit jou sal raak
Combrink verduidelik dat die probleem ontstaan dat die regering nie kan aandui waar die voorgeskrewe bates se persentasie sal stop nie.
Die DNS van saameet: Wat gebeur eintlik in die agtergrond as ons saam eet
Mag ons saameetgeleenthede meer wees as net ’n gewoonte. Mag dit die ruimte wees waar ons mekaar leer ken, bemoedig en versterk. Mag ons in elke saameetoomblik ook die saamwees met ons Skepper koester as ’n gawe.
Boomplantweek: Plant ʼn maroelaboom
Daar word vertel dat die maroelaboom altyd ʼn gewilde bymekaarkomplek vir stamvergaderings was en dat groot besluite in die skadu van hierdie boom geneem is.
Pierneef-skilderyskandaal: NVG moet nou sê
Dit het in Oktober verlede jaar aan die lig gekom dat ʼn skildery van Pierneef, uit Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, se eertydse premierskantoor in Bloemfontein verdwyn het.
Die politieke oorsprong van wetteloosheid
Wêreldwye navorsing wys dat wanneer die gaping tussen wat mense wil hê en wat hulle kán kry, te groot raak, mense gewoonlik opstandig raak. Die rede is dat hulle verontreg begin voel as hulle nie kan “kry” wat hulle dink hulle geregtig op is nie, skryf Flip Buys.
OVK oorweeg drempel vir aanmelding van partyfinansiering
In ’n belangrike wending het ’n kommissaris van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Woensdag aangedui dat die OVK simpatiek gesind is teenoor die daarstel van ’n drempel waaronder donasies aan politieke partye nie verklaar hoef te word nie.
Boek: Hond se gedagte
Dit is ‘n roman wat spreek tot rugbykenner en rugbyleek. Want wat is rugby anders as ‘n metafoor vir die lewe – net een span kan wen, en nie almal volg altyd die reëls nie…
Taalgebruik: huis toe, werk toe
Is dit “huis toe” of “huistoe”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Almal wen met Helpende Hand se ‘Ons Winkels’
Daarom is die oopmaak van ons vyftigste winkel in dié dorp nie sommerso nie. Dit is ’n geloofstree, ’n genade-oomblik, ’n nederige prestasie. Hiervandaan gaan ons slegs vorentoe, want die nood is groot en die behoeftes baie.
Motor bars deur hotelingang in Umhlanga
Die voertuig het in die hotel se ingangsportaal tot stilstand gekom.
Minister reageer op oproepe om doodstraf
“Die moordsyfer het aansienlik afgeneem sedert die doodstraf afgeskaf is,” voer die minister aan.
Podlitiek: Stede in onlus en Mboweni wil die vure blus
Paul Maritz en Hermann Pretorius ontleed in hierdie week se episode die onluste in Suid-Afrika se stede, bespreek Tito Mboweni se ekonomiese plan en sake in Brittanje.
‘Ek is glad nie spyt nie’
Foto’s van ʼn vrou wat soos ʼn T-Rex-dinosourus aangetrek het vir ʼn troue, word wyd op sosiale media gedeel.
NVG besluit oor Malema se skietery by saamtrek
ʼn Video van die skietery het soos ʼn veldbrand versprei.
Pierneef-uitstalling vanaf dié naweek in Pretoria te sien
Pierneef se kunswerke uit sy tyd in Pretoria sal die kern vorm van die uitstalling by Gallery 20/20 en sal deur uitgesoekte werke van die Pretoria Kunsmuseum se versameling aangevul word.
Omstrede SA ambassadeur in Nederland bedank
Koloane het voor die Zondo-kommissie na staatskaping erken hy het onwettig opgetree en gelieg.
SA jeugkoor deur na finaal: ‘Drome word wel waar’
“Ons wil vir die wêreld wys enigiets is moontlik.”