Die departement het vroeg Dinsdagaand in ʼn brief gesê hy beskou die situasie in ʼn baie ernstige lig en dat die SMS’e vir plasing by die 12 skole – soos genoem in AfriForum en die SOS se brief – tydelik teruggehou gaan word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 September 2019
Drie ‘dwelmhuise’ in Rustenburg platgestoot
David Magae, munisipale woordvoerder, het gesê die munisipaliteit het ʼn hofbevel bekom wat hom toegelaat het om die huise plat te stoot. Die huise is in die ooste van die stad geleë.
Motoris gekap wat met verkeersbeampte op enjinkap wegjaag
ʼn Video van die voorval is op sosiale media gedeel en het daarna soos ʼn veldbrand versprei.
Hof sê eers later oor rassehaat-saak teen BLF
“Ons is van mening dat geregtigheid moet seëvier vir Hoërskool Driehoek se ouers en dat [beweerde] rassiste soos Andile Mnxitana en die BLF in die bek geruk moet word. Solidariteit sien uit na die uitspraak.”
‘Bom’ by Menlyn Maine ʼn kamma-ploftoestel
Hy word aangekla van die oortreding van die Wet op Plofstowwe.
“Die verdagte, van Garsfontein, sal ook op ʼn bykomende aanklag van poging tot ʼn bankroof tereg staan.”
‘Ons lewens is in gevaar,’ sê SAUK-voorsitter
Die intimidasie en teenstand sal nie die beheerraad sal laat afwyk daarvan om hul pligte uit te voer, meen hy.
ToekomsVenster: Die sterre op hul helderste
Hou in gedagte dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. Dink terug aan jou lewe en vra of Hy jou al ooit in die steek gelaat het.
MRK veroordeel Malema se uitlatings op sosiale media
Die uitlatings is as haatspraak bestempel.
Emeritus-predikant op kusdorp vermoor
Die buurvrou het na hom gaan soek en opgemerk dat die agterdeur van sy huis oopstaan.
Geen wêreldbeker-rugby vir SAUK
Mxakwe het gesê die uitsaaier het die afgelope drie jaar ongeveer R3,8 miljard uitgegee aan uitsaairegte vir sportgeleenthede maar kon nie daarin slaag om dit om te skakel in winste vir die SAUK nie.
Luister in 3 minute: Skokkende daling in sakevertroue
Gerhard van Onselen van Sakeliga gesels in vandeesweek se ‘3 Minute, 3 Sake’ oor ʼn kommerwekkende daling in sakevertroue, Solidariteit wat rassewette pak en ʼn impakstudie oor die nuwe Kredietwet.
AfriForum, SOS eis uitstel oor skoolplasings in Gauteng
Die departement het vanmiddag kort voor 16:00 laat weet dat hy dringend aan die probleem aandag gee.
Jong man wil eers rus ná staptog vir boere
“Weldoeners en vreemdelinge het ons oorval met aanbiedinge van verblyf, reiskoste, kontantbydraes en algemene ondersteuning en bemoediging. Ons is oorweldig deur al die hulp van die publiek. Ons is baie dankbaar.”
Luister: Biggy vertel van lewe voor dáái liedjie
Voordat hy bekend geraak het vir ‘Dames’, het hy ʼn ruk lank geboue se dakke opgesit, hy was ʼn kassiere by ʼn gimnasium én hy het programmering onder die knie begin kry.
Kurt Darren gooi ʼn draai op Top-20
Die kaptein van Afrikaanse dansmusiek is terug met ʼn nuwe enkelsnit van sy 28ste album wat binnekort op die rakke sal wees.
Hof hoor van ‘hel’ ná vrou se skietdood
Dolphy Sambok (45) en Karabo Ephraim Semake (25) is vroeër vandeesmaand skuldig bevind aan Riekie Steenberg se moord, asook klagte wat insluit gewapende roof en poging tot moord.
Outa reageer op Sanral-lening
Die agentskap het nie genoeg duidelikheid gegee rondom die terme van ‘n nuwe lening wat dit ontvang het nie.
Wiele2wiele: Groot motorsportname in Lichtenburg se veldwedren
Hierdie week gesels die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger in Wiele2Wiele oor Jaguar se klein E-pace-sportnutvoertuig en die Mitsubishi Triton- bakkie. Groot geeste in die motorsportwêreld, Fernando Alonso en Marc Coma, het ook die afgelope naweek vir Toyota Gazoo Racing aan die nasionale Lichtenburg 400 veldren deelgeneem.
Man vas ná bomdreigement by Menlyn Maine
Talle klante en winkelpersoneel het vanmiddag nog buite die sentrum saamgedrom.
19-jarige student maak verskil met eetbare strooitjies
Die smaak van Eat Me Straws se strooitjies is iets tussen droplekkers (liquorice) en gedroogde vrugte. Die streng vegetariese strooitjies met ’n bessiegeur is ook ’n top-verkoper.