Hulle het Saterdagaand gebraai, maar deur die nag toenemend bekommerd geraak nadat verskeie lede van die groep vreemde geluide buite die chalets gehoor het.
Alles vir Woensdag 25 September 2019
#JongStemme: Identiteitspolitiek is demokrasie se grootste vyand
Daar is twee vorme van identiteitspolitiek: Die een fokus op gemeenskaplike eienskappe en doelwitte, die ander op ’n gemeenskaplike vyand. Dus, gemeenskaplike doelwitte teenoor gemeenskaplike vyand. Dit is die tweede soort identiteit wat, na my mening, ’n donker wolk oor moderne politiek laat sak.
Verbruikersake: Huisbouerswet kan só verander
Net meer as twintig jaar nadat die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers in 1998 ingestel is, het die kabinet onlangs die publikasie van ʼn nuwe wetsontwerp goedgekeur vir deelname en kommentaar. Ina Opperman het gaan kyk hoeveel anders dié wetsontwerp lyk as die bestaande wetgewing.
’n Ander soort storm
Vandag ’n rubriek van ’n héél ander aard. Dit gebeur elke jaar in September. Maar vanjaar was dit baie spesiaal, want dit was mooi 75 jaar gelede dat ’n Britse valskermdivisie en ’n Poolse valskermbrigade deur onverwags kragtige Duitse weerstand feitlik uitgewis is.
Resep: Rina se tamboesies
Dié heerlike bederf is ’n goeie rede om kuiergaste oor te nooi vir koek en tee.
Uruguay maak opslae met WB-wen
Vóór vandag se wedstryd teen Fidji het Uruguay nog net twee Wêreldbeker-wedstryde gewen.
Christo Bothma-verdwyning: Nét onsekerheid ʼn jaar later
Toe sy skielik niks van haar man hoor nie, het sy eers gedink hy kom vroeër huis toe om sy gesin te verras – iets wat hy graag gedoen het. Die volgende oproep was egter nie een van vreugde nie, maar ʼn oproep om te sê dat haar man êrens in Wes-Afrika deur vermoedelik terroriste gegryp is.
Politici se feite oor nuwe ‘universiteit’ totaal verkeerd
Volgens Hermann is ʼn LUR wat ʼn Twitter-oorlog voer sonder om die regte feite te kry, onverantwoordelik en roekeloos. Hy laat nie toe dat feite tussen hom en sy politieke retoriek staan nie.
Troeteldierrot het self skilderye geverf
ʼn Kunsstudent het haar troeteldierrot geleer hoe om met sy pote te verf.
Bokke beskou Namibië glad nie as kanonvoer
Rassie: “Ons sal elke wedstryd nou net eenvoudig móét wen.”
Twee doodgeskiet toe polisie beplande rooftog fnuik
Die verdagtes se voertuig is uiteindelik by die Lakewood-landgoed in Ormonde voorgekeer waarna die verdagtes uit die voertuig gespring en al skietend laat spaander het.
Gedig: Here be dragons
Hier is inderdaad drake – hier in ons huise en tuine …
Nuuskommentaar: Brexit en die Skotse, Walliese, Noord-Ierse en selfs die mense van Cornwallis se opmars
Dit lyk inderdaad of Johnson die Keltiese onafhanklikheidsdenke aangevuur het.
Vandag se sportnuus
Kaptein Schalk begin op agtsteman.
Gemeenskap neem reg in eie hande na ‘verkragting’
ʼn Man is erg aangerand en toe aan die brand gesteek nadat ʼn 17-jarige verstandelik gestremde meisie glo verkrag is.
EFF herhaal oproepe oor Krugerwildtuin, ‘Die Stem’
“Niemand, en veral nie wit mense nie, moet trots wees daarop om enige deel van ‘Die Stem’ in enige van sy vorms te sing nie.”
Bielie van ’n blou diamant in Cullinan gevind
Die Petra Diamonds-mynmaatskappy het Maandag ʼn uitsonderlike blou diamant by sy Cullinan-myn in Gauteng ontdek.
Gedagte vir die dag: Die ewebeeld van die heerlikheid van God
Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem – dié God so vol majesteit wat in die hemel woon. (Hebreërs 1:3)