Motoriste word versoek om die N1 te vermy.
Lees meerAlles vir Vrydag 27 September 2019
Aardklop 2019-wenners aangekondig
“Ons is hier vanaand om ons produk te eer en ons produk is die kunstenaars.”
Ramaphosa kondig sy ekonomiese adviesraad aan
Die lede word nie vir hul werk as raadgewers vergoed nie en staan hul tyd vrywillig aan die presidensie af.
Maimane moet verduidelik oor huurhuis
Maimane moet ook verduidelik watter afslag hy op die huur daarvan ontvang.
Skok oor hoeveel polisievoertuie in onbruik is
By dié polisiestasie kan 24 voertuie nie gebruik word nie.
DA dien klagtes in teen Gupta-maatskappye
Die maatskappye het deur die bank voordelige handelsposisies bekom deur voor te gee hulle is klein maatskappye met ’n groot mate van swart Suid-Afrikaanse aandeelhouding.
Boer op kleinhoewe doodgeskiet
Die voorval is een van drie wat vandag in die omgewing aangemeld is.
ToekomsVenster: Is jy werklik oortuig?
Is jy van harte daarvan oortuig dat die Bybel die Woord van God is? Is jy daarvan oortuig dat God op sy manier en tyd sal doen en vervul wat Hy beloof het?
Brandstof: Só raak Saoedi-aanval pryse
“Die brandstofprys in Suid-Afrika het binne drie dae ná die aanval met soveel as R1 ʼn liter gespring voordat dit weer effens gedaal het.”
Stem nou vir jou gunstelingsanger in die Aitsa-toekennings
Twaalf beoordelaars het koppe bymekaargesit om die finaliste vir die Aitsa-nominasies aan te wys en nou het jy as leser kans om tot kort voor middernag op Sondagaand 29 September vir jou gunstelingsangers en ‑musiekgroepe te stem.
Verbruikersake: Klasaksie vir verbruikers
Die US se regskliniek het ʼn aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien om ’n klasaksie namens duisende verkulde verbruikers in te stel teen ʼn maatskappy wat aanlynlenings aanbied. Ina Opperman verduidelik wat gebeur.
Handwerk: Sit jou hoed op
Met die somer net om die draai en eindelose sonskyndae wat nou begin wink, is hierdie pragtige wyerandhoed die perfekte handwerkprojek om hierdie naweek aan te pak.
Kunstenaar maak werke vir renosterbewaring
Volgens hom is al hierdie werk onkonvensioneel. “Dis rou en sny tot op die been. Hierdie is die verhaal van die werklikheid wat hom daagliks afspeel in die bestaan van hierdie skepsels, en die mense wat hul lewens daaraan wy om hierdie oorlog namens hulle te baklei. Net ons kan hulle help en hul bestaan en oorlewing verseker.”
Staptog help ouers wat babas aan die dood afgestaan het
Dit is belangrik vir ouers, wat sukkel om te funksioneer na die verlies van hulle baba, om professionele hulp kry.
Foto’s: Dié Ford Ranger is enig in sy soort
Die hele projek het ʼn span bestaande uit vyf kunstenaars, drie spuitverwers en een samesteller ʼn totaal van 650 uur geneem om die 35 liter verf op te sit en die bakkie te voltooi.
Woluitvoere na China herstel
Woluitvoere na die belangrike Chinese uitvoermark is herstel nadat die regering ingegryp het.
10 voertuie in kettingbotsing op N1 eis 2
ʼn Veldbrand langs die hoofweg het motoriste se sig belemmer en dit het moontlik tot die botsing aanleiding gegee.
ʼn Groot opskop vir universiteit se 150ste bestaansjaar beplan
En het hulle kattekwaad as studente aangevang? “Natuurlik, ons was studente!”
BZN groet SA en musiekbedryf met Grand Finale
“Band Zonder Naam” neem finaal afskeid van Suid-Afrika ná 40 jaar in die musiekbedryf.
Markram se kolf doen die praatwerk in Indië
Openingskolwer slaan honderdtal in opwarmingswedstryd.