Hy was op pad om erkenning te ontvang as een van 12 “uitsonderlike lugmanne van die jaar”, toe hy op 11 September vanjaar nóg ʼn heldedaad verrig het.
Alles vir Maandag 30 September 2019
Identiteit, etnisiteit en pres. Cyril Ramaphosa
Dit is haar identiteit, of Ramaphosa daarvan hou of nie. Groepsgebondenheid binne stam- of volksverband is ʼn werklikheid, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. En dis ook goed so. Hoe vaal sou ons bestaan gewees het as ons almal dieselfde taal en kultuur aangehang het.
Red jou aftredebeleggings, sê nee vir Regulasie 28
Die risiko’s vir beleggings in Suid-Afrika is wyd bekend – politieke spanning, swak ekonomiese groei en beleidsonsekerheid, om ʼn paar te noem. Beleggers wat ouer as 55 is, moet dit ernstig oorweeg om hul beleggings in aftreeannuïteite en/of bewaringsfondse wat blootgestel is aan Regulasie 28, te onttrek, skryf Suzean Haumann van Brenthurst Wealth.
Resep: Hoenderbolognese met spek en spinasie
’n Heerlike en maklike hoenderbolognese vir enige geleentheid.
Kameras werk nie waar taxi prokureur doodry
ʼn Minibustaxi het Sekwati, wat swaksiende was, op 9 September om 06:40 op die hoek van Pritchard- en Kruisstraat doodgery.
Rekordgetal SA’ners doen aansoek om tweede EU-paspoort
Suid-Afrika se onstuimige vooruitsigte dryf ʼn rekordgetal van die land se burgers om aansoek te doen om ʼn tweede Europese Unie-paspoort deur middel van ʼn belegging.
Vermiste pa met skietwond in bakkie gevind
ʼn Soektog is blykbaar na Van Staden aan die gang gesit nadat niemand hom ná 12:00 Donderdag op sy selfoon in die hande kon kry nie.
Clifton-mesaanval: Oorledene was UK-student
Die jong man wat Saterdagaand op Clifton se Derde Strand vermoor is, was ʼn eerstejaarstudent aan die Universiteit Kaapstad (UK).
Plaaslike dokumentêr oor seldsame siekte eersdaags op silwerdoek
Fibrodysplasia ossificans progressiva (FOP) word beskryf as ’n “katastrofiese siekte” wat soos “’n dief in die nag” kom beslag lê op jou gesondheid en menswees.
Vier dood in N2-botsing
Die departement het ʼn beroep op motoriste gedoen om ekstra versigtig te wees aangesien paaie in die provinsie nat en glibberig is weens reën.
Geen resep vir ma-wees
Kinders kom nie met resepteboeke nie of eintlik enige ander boek nie. Niks wat in die ouerskapboek staan kom voor in die baba wat voor jou lê nie. Dit voel soms of jy vir geskiedenis geleer het en toe kry jy die wiskunde-vraestel…
Kyk: Wolkbreuk in Hartenbos; skoonmaakwerk amper klaar
Geen beserings is aangemeld nie en dit was ook nie nodig om enige buurte as voorsorgmaatreël te ontruim nie.
Vandag se sportnuus
Skotland en Samoa pak mekaar vandag op die Kobe Misaki-stadion in hul Wêreldbeker-kragmeting.
Nuuskommentaar: Is diversiteit goed, sleg of bloot ’n feit?
Diversiteit word in groot dele van die wêreld dikwels verkeerd hanteer en veroorsaak groot spanning wat dikwels manifesteer in diskriminasie en die miskenning van minderheidsregte.
‘Dis ʼn smeerveldtog’, sê DA-leier
DA-leier Mmusi Maimane het Sondag gesê daar word ʼn smeerveldtog teen hom gevoer nadat Sondagkoerante nog bewerings teen hom gemaak het.
Meer as 1 000 lyke in Gauteng-lykshuise nie uitgeken
“Dit is ʼn menslike tragedie wat groter aandag verdien. Die meeste sterftes is weens misdaad en padongelukke.”
Dokter vas wat teen 229 km/h huis toe jaag
ʼn Mediese dokter en 13 ander spoedvrate is oor die naweek aan Gauteng se Oos-Rand in hegtenis geneem.
Gedagte vir die dag: Tevrede
Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo … jy ken van kleins af die heilige Skrif … (wat) groot waarde (het) om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. (2 Timoteus 3:14-17– 1933/1953-vertaling)