Maak nie saak of dit winter is of nie, pannekoek is altyd ʼn goeie idee!
Alles vir Woensdag 2 Oktober 2019
Vandag se sportnuus
Protea-boulers sukkel bietjie in Indië.
Munisipale werkers steeds nie vir September vergoed
Werkers het in Julie ook nie hul salarisse betyds ontvang nie.
Brandbestryders in stryd met diensvoorwaardes by stasies weggewys
Brandbestryders is onder meer by die Belhar-, Goodwood-, Soutrivier- en Rolandstraat-brandweerstasies in die stad aangesê om huis toe te gaan toe hulle om 08:00 vir diens aangemeld het.
Hulp ná brand 900 dakloos laat
Warm etes, doeke, sanitêre doekies, komberse, vrugte en gebottelde water is aan die slagoffers van die brand voorsien.
‘FroueVonds’: Daar is niks wat vroue nie kan bereik nie
Ons het Supervrou-kragte en gawes gekry en dit is ons verantwoordelikheid om daardie kragte en gawes wat diep binne-in ons gesetel is, te ontgin en uit te leef. Dis hoekom God ons as vrou geskape het.
My herinneringe aan die Tulbagh-aardbewing
Ja, ’n mens kon daai naskokke hoor aankom. Dit was ’n gedreun amper soos ’n groot vragmotor. Teen die tyd wat die skudding onder ons verbygaan, was ons al lankal buite. Dit het die onnie dan taamlik moeite gekos om ons weer binne te kry. Om te wat?
‘Ek is die ANC – ek het ’n ekonomiese probleem’
Om ’n probleem te ontken, is ’n bekende verdedigingsmeganisme. Maar as jy nie jou probleem erken nie, sal jy niks doen om dit reg te stel nie. Tot nadeel van Suid-Afrika skiet hierdie ANC-leiers en alliansievennote tans Mboweni en ander ingrypende planne af. Is dit omdat hulle nie die ekonomiese krisis besef nie?
Gedagte vir die dag: Tel tot by tien!
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tessalonisense 5:17)