Veronica van Dyk, die DA se woordvoerder oor sport, het gesê die atlete se agt jaar lange toewyding en harde werk het teleurstellend geëindig weens Saskok se onbillike en onregverdige optrede.
Lees meerAlles vir Sondag 6 Oktober 2019
Man van boendoehof gered; agter tralies vir ‘moord, verkragting’
“Die verdagte was soek sedert die misdade wat hy na bewering verlede jaar in die Marble Hall-omgewing gepleeg het.”
Vyf sterf in N3-ongeluk
Verkeer was hewig ontwrig en het ure lank opgehoop.
Vrou erg aangerand in aanval op hoewe
Die vrou het Donderdag omstreeks 13:00 in die kantoor van hul onderneming, wat van die huis op die kleinhoewe bedryf word, gewerk, toe sy voetstappe hoor.
MotoGP: Binder tweede; Marquez weer as kampioen gekroon
Suid-Afrika se Brad Binder (KTM) het Sondag op die Chang-renbaan in Buriram, Thailand, die gaping tussen hom en die twee voorlopers op vanjaar se kampioenskapspunteleer laat krimp.
Liggame van twee vissermanne by Rooi Els gevind
Slegs die vermiste mans se visgerei en persoonlike items is op die rotse gevind waar hulle visgevang het.
Wêreldbeker-rugbytoernooi sorg vir hope hoogtepunte
Japan se kanniedood-houding en Weber se aangee.
Vermiste hondjie tuis ná tragiese ongeluk
Sondagoggend het Mpho Mahlaela (18) en Kamogelo Mokoena (18), twee matriekleerlinge wat naby die ongelukstoneel woon, laat weet dat hulle weer ʼn hond gesien het wat aan Chappies se beskrywing voldoen.
Cheetahs speel vonkelwynrugby teen Ulster
Die Vrystaters druk nege drieë in Bloemfontein; Kings verloor klipharde stryd op tuisveld.
All Blacks looi Namibië, Franse skraap deur
Die Namibiërs het veral in die eerste helfte lof gekry vir die wyse waarop hulle die All Blacks ontwrig het, agter die voordeellyn vasgepen het, om besit meegeding het en die All Blacks van hul doellyn weggehou het.
Ballito-man vas vir dwelms in luukse huis
Die inhegtenisneming kom nadat die Valke ʼn wenk gekry het van dwelms wat van oorsee ingebring is en wat glo gehou en versprei is vanuit ʼn leë, luukse meenthuis in Zimbali.
Pak eie kosblik as jy dié week vlieg, waarsku vakbond
Numsa-lede begin Maandag om 06:00 staak. Hul optrede gaan die OR Tambo-, Kaapstad-, en King Shaka-lughawe raak.
Proteas buig die knie voor Indiese boulers
Moedige Proteas was net nie opgewasse teen Indiërs nie.
Kaapstad se kabelspoor vier 90ste verjaardag
Die kabelspoor is al sedert 4 Oktober 1929 in bedryf.
‘Heelwat kinkels’ in nuwe Deon Meyer-minireeks
“ʼn Goeie storie is universeel. Iets wat alle lande en tale in gemeen het, is storievertellery. Dít, en die menslikheid van karakters,” sê Meyer.
Talle Gautengse gesondheidsamptenare ‘doen sake’ met staat
Bloom het sy kommer uitgespreek omdat dit so lank geduur het om te bepaal hoeveel amptenare met hul werkgewer sake doen. Volgens hom is dit uiters onreëlmatig in ʼn departement wat reeds talle korrupsieskandale gesien het.
Outa bekommerd oor inwerkingstelling van Aarto
Die organisasie het gesê hy glo die Aarto-wet, wat ʼn strafpuntestelsel insluit, is ʼn stuk wetgewing wat nie goed deurdink is nie en onmoontlik gaan wees om in werking te stel. Hy sê dit is irrasioneel, onprakties en wetlik gebrekkig en nie die ideale oplossing nie.
Solidariteit Beweging maak omvattende blyplan bekend
“Ons bly, maar gaan nie stilbly nie!”
Gedagte vir die dag: Sabbat
Dieselfde dag nog het die farao die slawedrywers van die volk en hulle opsigters beveel: ‘Julle mag nie meer soos vroeër vir die volk strooi gee om bakstene mee te maak nie. Laat hulle self gaan strooi bymekaarmaak, en julle moet van hulle dieselfde hoeveelheid stene as tevore bly eis. Julle mag niks verminder nie! Hulle is net lui, daarom hou hulle aan met neul: ‘Ons wil vir ons God gaan offer’ (Eksodus 5:6-8)