Buang Jones, hoof van regsdienste by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), is in die pekel weens sy gedrag in sy ondersoek na beweerde rassisme deur die Springbokslot Eben Etzebeth.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Oktober 2019
Duisende kriminele klagtes teen polisie glo nie ondersoek
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het glo meer as 600 klagtes teen polisielede in 2016 as “afgehandel” bestempel, voordat die klagtes behoorlik ondersoek is.
1 dood, 1 beseer ná skietery by winkelsentrum
ʼn Verdagte is doodgeskiet en ʼn sekuriteitswag ernstig beseer toe daar Dinsdag ʼn skietery by die Cresta-winkelsentrum in Johannesburg uitgebreek het.
Solidariteit gaan arbeidshofuitspraak in hoër hof teenstaan
Solidariteit oorweeg dit om die Konstitusionele Hof te vra om uitsluitsel te gee oor die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (MRK) se verslag oor regstellende aksie.
Tweedehandse winkel steun kinders wat wees gelaat is ná plaasaanval
“Ons almal gooi so af en toe ons kaste uit en baie keer is die klere nog heel bruikbaar.”
Sassa vermors R2 miljard
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het bykans R2 miljard in onreëlmatige en nuttelose uitgawes die afgelope boekjaar aangegaan.
Jupiter onttroon as planeet met meeste mane
ʼn Onlangse ontdekking deur astronome het die grootste planeet in ons sonnestelsel se kroontjie van sy kop gestamp.
ToekomsVenster: Altyd geduldig, genadig en liefdevol
Tog, te midde van dit alles, is Hy geduldig, genadig en liefdevol en meer as bereid om te vergewe as ons in egte berou na Hom toe kom.
79-jarige ‘VSA se ergste reeksmoordenaar’
ʼn 79-jarige man wat aanvoer dat hy 93 mense vermoor het, word nou as die VSA se ergste reeksmoordenaar beskou.
Luister in 3 minute: Grondkorrupsie, en Kimberley sonder water
Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, gee in hierdie week se ‘3 Minute, 3 Sake’ ʼn terugskouing oor die vryemark ekonomie- seminaar wat die organisasie verlede week aangebied het.
Die wêreld in foto’s – 8 Oktober 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
ʼn Bakkie vir werk en die alledaagse
Dié bakkie sal kan werk en is ook aangenaam vir alledaagse gebruik, skryf Brendon Staniforth.
Opkomende veeboer weiveld kwyt weens besetters
ʼn Opkomende veeboer van die Noord-Kaap is sy weiveld kwyt nadat grondbesetters verlede week daarop toegesak het.
Só skep die Beweging ʼn toekoms vir Afrikaanse onderwys
“Panyaza Lesufi, die Gautengs LUR vir onderwys, het stuipe gekry oor die kampus van Sol-Tech ter waarde van R300 miljoen wat nou gebou word. As Lesufi van Akademia se nuwe kampus hoor is ek bevrees die man gaan ʼn beroerte kry.”
Luister: ‘En só begin die drama van Robey Leibbrandt’
Albert Blake praat in ’n onderhoud in Maroela Media se ateljee oor verhaal van die omstrede historiese figuur Robey Leibbrandt in sy sewende boek, Robey Leibbrandt: ʼn Lewe van fanatisme.
Bokke laat wiel teen Kanada
Reinach sorg basies vir die bonuspunt op sy eie in die eerste helfte.
Kersfees begin vandag by Die Koöperasie
Kersfees begin vandag by “Die Koöperasie”! Gaan snuffel sommer nou in die rakke.
Oorlog, siekte, dood: die verhaal van Katja Kowalec is eersdaags ʼn radiodrama
Op pad na ‘n gewisse dood in ‘n vergassingskamp tydens die Tweede Wêreldoorlog ontmoet ‘n Poolse vrou ʼn Russiese soldaat wat haar help haar ontsnap.
Nog dooie olifante gevind ná waterval-tragedie
Nog vyf olifantkarkasse is gevind nadat daar oor die naweek ses dooie olifante gevind is.
MRK wil gelykheidshof toe oor NG-predikant
Die Menseregtekommissie sleep nou ʼn predikant van die NG Kerk gelykheidshof toe, omdat hy homoseksuele mense met pedofiele vergelyk het.