Die ANC het Gumede in Augustus “herontplooi”, nadat sy aanvanklik geweier het om haar pos as burgemeester te ontruim.
Lees meerAlles vir Donderdag 10 Oktober 2019
VSA swartlys Gupta-broers
Dit is gedoen weens hul “betrokkenheid by korrupte bedrywighede met staatsamptenare en amptenare van staatsbeheerde instellings vir hul eie persoonlike gewin”.
Sommige reservoirs in Tshwane-gebied ‘kritiek laag’
Die vraag na water is geweldig hoog weens die hoë temperature die afgelope ruk. Die reservoirs kan bloot nie byhou nie.
SAL-raad kap terug ná bewerings oor ‘grys’ onderdele
Die SAL se reaksie kom ná ʼn Sunday Times-berig oor ʼn ondersoek wat gedoen word nadat ʼn Boeing van Mango tydens ʼn vlug tussen Johannesburg en Kaapstad skielik begin duik het.
US-taalbeleid: Teleurstelling uit verskeie oorde oor uitspraak
“Afrikaans het ’n ryk geskiedenis en het ontwikkel tot ’n hoogs gerespekteerde akademiese taal reg oor die wêreld. Afrikaans verdien, net soos die res van die inheemse tale, gelyke beskerming en akademiese ontwikkeling.”
Student kry volpunte vir taak, al is daar niks op die blaaie
Haga het ʼn ou ninja-kuns gebruik deur van onsigbare ink gebruik te maak.
ToekomsVenster: Die woordjie ‘ons’
Ons is saam met mekaar op reis. Dalk verstaan ons ietwat meer van die implikasie van die teks in 2 Kron. 7:13
Toekomsberaad gee hoop
Beraadgangers by die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad sê hulle kon weer moed skep vir wat die toekoms vir Afrikaners en veral vir die jeug mag inhou.
Nuuskommentaar: Eerste slagoffer van ‘nuwe oorlog’ op Turks-Siriese grens
Kort na ’n Turkse inval in die noorde van Sirië is berig dat agt burgerlikes, waarvan twee kinders was, in die aanvalle dood is.
Video: Leer net hoe om een of twee knope maak
In vandeesweek se episode van Byt en buskruit vat Adam Tas sy goeie vriend en sangkollega Steve Hofmeyr uit op ʼn visvang-ekspedisie in Mosambiek. Tas deel in sy jongste wenkvideo nog ʼn stukkie handige raad vir die vissermanne en -vroue wat dié viswaters wil gaan aandurf.
Zuma hoor Vrydag lot oor vervolging
Die staat beweer Zuma het omkoopgeld by Thales ontvang deur sy vriend en voormalige finansiële adviseur, Schabir Shaik, om die maatskappy uit die voortgesette ondersoek na die wapentransaksie te hou, asook om die maatskappy gunstig te oorweeg vir enige toekomstige kontrakte.
Skade by inkomstediens ‘veel erger’ as wat Nugent-verslag aandui
“Papier is geduldig.”
Solidariteit Beweging: Groot planne vir ʼn veiliger toekoms
“Die Beweging se suksesresep is dat daar nie tyd is om te wag tot almal soos ʼn hegte eenheid saamstem nie, maar dat vordering vinnig tot ʼn samebindende eenheid lei.”
SA man vas in Alaska ná hy glo moor en dit verfilm
Volgens die polisie het ʼn reeks vreemde gebeure tot Brian Smith (48) se inhegtenisneming gelei.
Louisa skitter op internasionale fiksheidsverhoog
“Ek mis wortelkoek en rooi cappuccino’s die meeste!”
Nou het Zontes ’n fiets vir elke smaak
As ʼn mens na stilering kyk, is hierdie klein fietsie, in my opinie, die treffendste van die vier, skryf Brian Cheyne.
Kaapse moordsyfer daal ná weermag ingryp
“Afgesien van die syfers, is die afwesigheid van ernstige geweldsmisdaad, veral oor naweke wanneer misdaadvoorvalle dikwels ʼn hoogtepunt bereik, op sigself ʼn aanduiding dat die operasionele ingryping besig is om vrugte af te werp.”
Kommer oor ‘onwettig omgeboude’ ambulanse
Minstens 1 333 ambulanse wat daagliks pasiënte op Suid-Afrika se paaie vervoer is, na bewering, Toyota Quantum-paneelwaens wat onwettig omgebou is en volgens wet nie meer as drie persone mag vervoer nie.
Solidariteit: Ankerdorpe volledig toegerus vir Afrikaner teen 2030
Solidariteit gaan teen 2030 noodsaaklike dienste en kulturele ruimtes in 29 sogenaamde ankerdorpe vestig.
Konstitusionele Hof sê oor US-taalbeleid
Die Konstitusionele Hof het Donderdag beslis die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid van 2016 is grondwetlik geregverdig.