Die ad hoc-komitee wat aangestel is om te begin met wetgewing om artikel 25 van die Grondwet te wysig, is vasbeslote om by die spertyd te bly vir die afhandeling van sy werk.
Lees meerAlles vir Vrydag 11 Oktober 2019
Berugte misdadigers wat vroue op plaas oorval, swaar gestraf
Die twee vroue, albei in hul 70’s, is in die vroeë oggendure deur drie gewapende mans oorval. Een van die vroue het net drie weke vantevore haar man verloor en ʼn vriendin het by haar oorgeslaap.
Twee in hof oor renosterhorings
Mattheus Willem Johannes Viljoen (55) en Gerrit Michael Johannes Davies (65) is Donderdag in hegtenis geneem.
Besluit om wapens te vernietig is onwettig
Die vernietiging van vuurwapens wat in die Staatskoerant afgekondig is, is onwettig en ongeldig.
Só vorder e-tol-kwessie
“Dit is ʼn ingewikkelde en sensitiewe saak van nasionale belang.”
ToekomsVenster: Dankbaarheid en verootmoediging
Dit is te midde van hierdie realiteit dat ons dankbaar enersyds, maar in verootmoediging andersyds, na die Here kom.
Afrika-premier ontvang Nobelprys vir Vrede
Die Nobelkomitee het gesê hy hoop die prys sal die premier versterk in sy belangrike werk vir vrede en versoening.
Man tronk toe ná gewelddadige betogings
ʼn 30-jarige man is op verskeie aanklagte skuldig bevind vir sy aandeel in gewelddadige betogings in Botrivier in die Wes-Kaap en tot tronkstraf gevonnis.
Drie berugte helde was drie Grey-manne
Ek sal Cronje, Leibbrandt en Fischer nooit as swartskape brandmerk nie – hulle staan ongetwyfeld uit as drie talentvolle jong manne. Twee sportsterre, een intellektuele reus. Manne uit verskillende eras, wat mekaar nooit geken het nie. Saamgesnoer deur een bindende vormingsfaktor: Grey Kollege, wat hulle lewens gesmee het.
Op die Anglo-Boereoorlogspad: 120 jaar later
In bloed gemeet, was die prys veel hoër. Daarom bly die Anglo-Boereoorlog ongetwyfeld ʼn kragtige gebeurtenis in die vorming van die geskiedenis van Suid-Afrika in die 20ste eeu.
‘FroueVonds’: Daar is geen keer aan vroue wat inspireer
As ek aan ’n wyse vrou moet dink, is daar beslis ’n hele klomp van hulle. Een van daardie vroue in my lewe is beslis my ma. Sy is vir my ’n perfekte voorbeeld van ’n Spreuke 31-vrou.
Sukkelende staatsdiens ‘maak NGV onmoontlik’
“Tóg wil hy hê Suid-Afrikaners moet hul lewe in die hande plaas van dieselfde onbevoegde en korrupte kaders wat nie eens ʼn faktuur kan verwerk nie.”
Anglo-Boereoorlog verander koers van geskiedenis
Vanmiddag om vyfuur sal dit presies 120 jaar gelede wees dat die eerste skoot in die Anglo-Boereoorlog (11 Oktober 1899) geklap het. Dit was ’n skoot waarvan die klank weggesterf het, maar waarvan die skokgolwe steeds in Suid-Afrika gevoel word.
Podlitiek: Zille wil terug, Eben dalk betig en Duduzane laat ons sug
Die Podlitiek-span bespreek die jongste verwikkelinge by die DA se leierskap, die Eben Etzebeth-sage en Duduzane Zuma se getuienis.
Verbruikersake: Jy kla nou hier oor kredietburo’s
Sedert 1 Oktober moet verbruikers wat klagtes het oor kredietburo’s wat met banke verband hou, egter nou by die Bankombudsman kla. Ina Opperman verduidelik waar jy moet kla.
Bemagtig jouself by Nuwe Jy-fees
“Gelukkig kan almal nou hul pad na ʼn gesonder, slanker en gelukkiger liggaam ʼn hupstoot gee by die Nuwe Jy-fees.”
Dié trourokke is nie heeltemal wat jy verwag nie
Mens sou nooit kon raai dat die rokke nie van luukse kant en sy gemaak is nie.
Zuma loop weer bloutjie in hooggeregshof
Die beslissing beteken die lang verwagte korrupsieverhoor na die omstrede wapentransaksie kan nou voortgaan. Dié verhoor begin na verwagting Dinsdag in dieselfde hof.
ANC dien klag van bedrog, korrupsie in teen Mashaba
Die klagte is by Hillbrow-polisiestasie ingedien oor ʼn beweerde onwettige toekenning van ʼn R1,2 miljard-kontrak.
Handwerk: Sien die lig met jou eie Delft-lampskerm
Met sy mooi graghuisies, blou-en-wit Delftpatrone en herinneringe aan die ou meesters bars Amsterdam uit sy nate met inspirasie vir handwerkprojekte.