Medemenslikheid en welwillendheid kan nie deur ’n regstelsel in die lewe gebring word nie. En dit behoort ook nie.
Alles vir Dinsdag 15 Oktober 2019
Geen verdagtes ná moord op bekende sielkundige
Nog niemand is aangekeer ná die dood van dr. Mirah Wilks, bekende misdaadsielkundige van Johannesburg, nie.
Abiy Ahmed ontvang Nobelprys vir Vrede
Die besluit om vanjaar se Nobelprys vir Vrede aan die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, toe te ken is op die keper beskou ’n goeie een, skryf Sebastiaan Biehl.
#FeesMustFall-opstoker bly agter tralies
Cekeshe word sedert 2017 by die Leeuwkop-tronk in Sunninghill aangehou nadat hy agt jaar tronkstraf opgelê is vir opsetlike saakbeskadiging, ʼn aanklag waarop hy skuldig gepleit het.
Polisie wil dam afsper na nóg mortiere gevind word
Altesaam 19 mortiere is tot dusver gevind.
Ondersoek geëis ná departement glo miljoene aan ‘spookinstellings’ betaal
Die DA eis ʼn omvattende ondersoek na bewerings dat die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling nagenoeg R33 miljoen betaal het aan verskeie nie-regeringsorganisasies waarvan die bestaan glo glad nie bevestig kan word nie.
Gedagte vir die dag: Genoeg genade
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. (2 Korintiërs 12:9)