Sewe leerders is die naweek dood nadat die trok wat hulle van een punt na ’n ander vervoer het teen ’n boom gebots het.
Alles vir Maandag 21 Oktober 2019
Solidariteit versoek MRK om aan Etzebeth-saak te onttrek
Jones se uitsprake doen die MRK se bedenklike reputasie gestand, daarom moet die kommissie hom aan die Etzebeth-saak onttrek.
Harties-hiasinte dalk binnekort iets van die verlede
Nuwe tegnologie gaan al die nitrate wat deur die hiasinte uit die besoedelde water opgeneem word onttrek om kunsmis te maak.
Resep: Somer-ystee
“Hierdie somer-ystee is ʼn verfrissende (en gesonde) alternatief vir vrugtesap wat propvol suiker is.”
Vyf vas wat Sassa glo uit miljoene wil bedrieg
Dit het sedertdien duidelik geword dat die sindikaat uit Gauteng en KwaZulu-Natal bedryf word, aangesien al die bedrieglike onttrekkings daar gedoen word.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika het vyf van sy sewe kwarteindwedstryde in Wêreldbeker-toernooie gewen.
Jhb-burgemeester bedank dalk oor Zille
Herman Mashaba, Stad Johannesburg se burgemeester, sal Maandag ʼn perskonferensie hou ná Helen Zille die afgelope naweek as voorsitter van die Demokratiese Alliansie se federale raad aangewys is.
Moontlikheid vir beurtkrag dié week is laag
Alhoewel die kragnetwerk steeds onder druk is, word geen beurtkrag Maandag verwag nie en die waarskynlikheid vir beurtkrag vir die res van die week is laag, het Eskom gesê.
Meer as 200 000 NSFAS-aansoeke reeds ontvang
Die nasionale skema vir finansiële bystand vir studente (NSFAS) het reeds 50 000 meer aansoeke ontvang in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar, het NSFAS Sondag gesê.
Gedagte vir die dag: Sy grootse werke
Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, (Openbaring 5:9)