Net mooi 50 jaar ná Bob Dylan en Johnny Cash se lied “Wanted Man” vir die eerste keer uitgereik is, het argivarisse van Dylan se musiek ʼn weergawe van die lied beskikbaar gestel waar die twee musieklegendes die liedjie vir die heel eerste keer saamsing.
Alles vir Donderdag 24 Oktober 2019
Woordskatte tussen die skrapnel
Saam met die letsels wat die oorlog aan die Afrikaner se siel gelaat het, het die stryd ook vir ʼn paar unieke benamings en interessante gebruike gesorg. Verder bevat die lys van oorlogsterminologie talle pragtige woorde met interessante herkoms. In hierdie rubriek soek ons tussen die skrapnel vir dié oorlogskatte en hul oorsprong.
Reusesoektog ná noodlottige rooftog by myn
Die polisie soek na ʼn groep van ongeveer 20 verdagtes ná Maandagaand se noodlottige gewapende rooftog by DRDGold se Ergo-goudaanleg naby Brakpan aan die Oos-Rand.
Wes-Kaapse boere kry miljoene se droogtehulp
Veeboere loop die ergste deur onder die droogte en word gedwing om hul teeldiere te verkoop om te oorleef.
Twee ook vas vir moord ná voorval op plaas
Twee mans wat in Augustus in hegtenis geneem is nadat ʼn vermeende dief glo op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing in Noordwes verdwyn het, word nou ook van moord aangekla.
Gedagte vir die dag: Begin by die Woord
Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. (Hebreërs 4:12)